Redakteursbrief: Junie/Julie 2023
Agri is nou al vir baie jare die platform waarop ons landbouers toegang kry tot Agri SA se doen en late. Die tydskrif berig oor die jongste verwikkelinge in alle sake wat verwant is aan (en relevant is vir) landbou en enigeen in die bedryf. Onderwerpe wat altyd aandag geniet, is onder meer grondsake, landelike veiligheid, natuurlike en noodsaaklike hulpbronne – soos water – en ekonomiese kwessies.
Om hierdie inligting te kan oordra, en telkens meer inligting het om te deel, moet daar natuurlik mense wees wat boere se belange met betrekking hiertoe beskerm. Hierdie mense werk om boere op die plase te hou met die regte hulpmiddels om te verseker dat hulle volhoubaar kan boer. Terselfdertyd moet hulle onderhandel met beleidmakers om te verseker dat daar ʼn goeie verstandhouding tussen die regering en die landboubedryf gekoester word. Dit is nie ʼn maklike taak nie.
Ons is werklik trots op die werk wat hierdie mense doen, en om terugvoer oor hierdie werk in Agri te kan gee. Dit is gerusstellend om te weet dat daar ʼn organisasie is wat, met toegang tot die regte mense, landbou se belange rég verdedig.
Dit is dalk ʼn aanmoediging om met nuwe oë te kyk na die inligting in elke uitgawe van Agri – nuwe oë en nuwe waardering, want dit is waardering werd.
In hierdie uitgawe
Agri SA kry ‘n nuwe HUB
Agri SA is verheug om die aanstelling van Johann Kotzé as sy nuwe hoof uitvoerende beampte (HOB) aan te kondig. Johann sal in Oktober by die huidige HOB, Christo van der Rheede, oorneem. Intussen het Jaco Minnaar, Agri SA President, Kotzé gelukgewens en sy opgewondenheid oor die nuwe fase wat voorlê, uitgespreek. Lees verder.
Christo says: South Africa faces serious threats
From leadership to an electricity crisis and a weak rand, South Africa faces grave threats. Yet, this decay should never be accepted as the “new normal”. Let’s be clear and upfront; we are going downhill as a country. The rot is visible everywhere because the state is failing us! Continue reading.
Agri SA providing financial aid in land claim case
Agri SA is providing financial aid in a precedent-setting land claim case to protect South Africa’s food security and the sustainability of farming in the country. Continue reading.
Ontmoet nóg Jongboer-finaliste
Toyota SA en Agri SA se Jongboer van die Jaar-kompetisie stel Suid-Afrika al jare lank voor aan ons land se innoverende en dinamiese jongboere, en vanjaar is geen uitsondering nie. Van Noordwes tot die Wes-Kaap en Mpumalanga, ontmoet ons nuutste finaliste. Lees verder.
Nuwe bestuurshoof vir Vinpro
Vinpro, die wynbedryfliggaam verteenwoordigend van byna 2 600 Suid-Afrikaanse wynprodusente, kelders en belanghebbendes in die wynbedryf, lui ’n nuwe era vir die organisasie in met die aankondig van Conrad Schutte as nuwe bestuurshoof. Lees verder.