Braaihoender met Dijon-mosterd
Posted On November 26, 2024
0
2 Views

Soek jy na ʼn heerlike en maklik-om-voor-te-berei resep vir ʼn braai noudat die warm weer dit toelaat? Hierdie resep van Grain Field Chickens is maklik om vooraf gereed te kry sodat dit reg is vir die kole, met ʼn marinade wat eg Suid-Afrikaanse geure vasvang.
Bestanddele:
- 800g Grain Field Chickens-braaipak
Marinade:
- 60ml olyfolie
- 60ml bier
- 30ml sojasous
- 60ml Worcestershiresous
- Sap van 1 suurlemoen
- 30ml bruinsuiker
- 30ml droë roosmaryn
- 30ml Dijon-mosterd
- 1 knoffelhuisie, fyngekap
Aanwysings:
- Meng al die bestanddele vir die marinade in ʼn groot mengbak en klits saam.
- Hou die helfte van die marinade eenkant, en bring die res in ʼn kastrol tot op kookpunt. Laat prut tot dit effens dikker is en plaas dit eenkant waar dit warm gehou word.
- Plaas die hoender van die braaipak in ʼn groot bak en gooi die ongekookte marinade bo-oor. Meng en laat marineer vir sowat 1 uur.
- Berei jou braaivuur voor volgens jou keuse. Haal die hoender uit die marinade (wat weggegooi kan word) en braai die hoender tot deurgaar.
- Plaas die gaar hoender in die gekookte marinade, bedek met foelie en laat rus vir minstens 2 minute voor jy dit bedien.
*Bron: grainfieldchickens.co.za (Grain Field Chickens is ʼn entiteit van die groter VKB Groep waarvan GWK deel vorm)