Goedkoop, kleurvolle noedel-fles
Posted On February 23, 2024
0
191 Views
As jou begroting uitgeput is ná Desember en Januarie is hierdie dié vir jou. ʼn Gesonde een-houer-gereg – hierdie resep is genoeg vir een persoon.
Bestanddele:
- 2 t (10ml) gerookte paprika
- 1 e (15ml) heuning
- 2 e (30ml) vars koljanderblare, gekap
- ʼn skeut olyfolie
- ½ ui, gekap en goudbruin gebraai
- 1 pakkie (73g) 2 minute noodles (jy gaan nie die pakkie geursel gebruik nie)
- ¼ k (50-60g) gevriesde mielies
- ¼ k (50-60g) gevriesde broccoli-boompies
- ¼ k (50-60g) gevriesde wortels
- 1 k (250ml) warm water of groenteaftreksel
- sout en varsgemaalde peper
- ʼn skeut suurlemoensap
- vars basiliekruidblare (vir bedien)
Aanwysings:
- Gooi die paprika, heuning, koljander en olyfolie in ʼn 500-750ml glasfles (roer liggies)
- Maak die res van die fles vol deur die noedels, uie, mielies en wortels in lae in die fles te pak.
- Om te bedien, maak die fles vol met warm water of groenteaftreksel, sit die deksel op en los vir 6-8 minute of totdat die groente en noedels gaar is.
- Geur, voeg suurlemoensap by en roer goed om al die geure te vermeng (maak seker om die onderkant van die fles te skraap).
- Gooi die fles se inhoud in ʼn bord of bakkie en geniet.
Wenke:
- Voeg oorskiethoender, -vis of -vleis by vir proteïene
- Stap 1 en 2 kan vooraf gedoen word en die fles kan in ʼn yskas gehou word tot gebruik.
*Bron: pnpfreshliving.com