Die horison is groen vir Agri SA
Agri SA, wat vanjaar hulle 120ste bestaansjaar vier, het op 9 en 10 Oktober hulle jaarlikse kongres in Kaapstad aangebied. Dié landbou-organisasie, het die visie om ʼn inklusiewe en vooruitstrewende landbousektor te verseker en, deur met respek aan sy waardes en samewerking met sy lede, sy missie te bereik: om boere te bemagtig.
Groen Horisonne (“Green Horizons”) was, gegrond op die beginsels hierbo, ʼn akkurate tema vir die 2024-kongres: ʼn fokus op volhoubare landbou, innovering en samewerking. Die kongres het egter nie slegs op ʼn gesonde landboutoekoms gekonsentreer nie, maar ook die ryk geskiedenis van die organisasie gevier.
Terwyl Agri SA terugkyk na hierdie ryke geskiedenis, bly hulle verbind tot ons doelstellings om hul lede te dien en die belange van die landbougemeenskap te bevorder, sê die organisasie. Hulle nalatenskap is een van veerkragtigheid, eenheid, en vooruitgang, en hulle sien daarna uit om die toekoms van landbou vir die volgende 120 jaar te beïnvloed.
Hoof uitvoerende beampte van Agri SA, Johan Kotzé, sê dat die kongrestema die kern van die kongres verteenwoordig. “Dit beklemtoon ons toewyding tot volhoubare landbou, toekomsgerigte strategieë om toekomstige uitdagings te takel, en ons onwrikbare toewyding om groei, innovering en samewerking in die bedryf te bewerkstellig,” sê hy.
Die kongres se formaat is hierdie jaar aangepas om in-diepte gesprekke en samewerking aan te moedig. Kongresgangers kon enige van die vyf aktuele besprekings bywoon wat op vyf verskillende plekke aangebied is – ʼn kort loopafstand van mekaar. Dit het verseker dat gaste tussen gesprekke en onderwerpe kon beweeg om waardevolle inligting te kry.
Die VKB Groep se verhouding met georganiseerde landbou is een waaraan daar waarde geheg word, en ʼn jare lange vennootskap wat gekoester word. Die Groep het bystand aan die kongres gebied deur studente op te lei om kongresgangers tussen die onderskeie venues te ondersteun en hulp aan te bied waar nodig.
Die belangrikheid van die verlede en die noodsaaklikheid van toekomsdenke is vir die VKB Groep ewe belangrik. Daarom is vennootskappe soos dié met Agri SA vir die Groep van soveel waarde. Landbouers se belange word beskerm en verteenwoordig op regeringsvlakke – ʼn prioriteit vir georganiseerde landbou én landboubesighede.
*Besoek gerus Agri SA se webwerf of YouTube-kanaal vir ʼn oorsig oor die gesprekke wat deel van die program gevorm het.
*Bronne:
- www.agrisa.org.za
- www.foodformzansi.co.za