Redakteursbrief
[{“type”:”text”,”content”:”As u2019n organisasie wat die belange van Suid-Afrika asook haar boere en die landbouwese op die hart dra, het Agri SA die afgelope tyd ook nie teruggestaan in die stryd teen beurtkrag nie. Die organisasie het verskeie daadwerklike pogings aangewend om bewustheid te skep van die moeilike omstandighede waarin boere tans voedsel aan die land moet verskaf, hul verswakte posisie en die bedreiging van voedselsekuriteit, alles as gevolg van beurtkrag.nnBy SONA 2023 is daar skerp op die elektrisiteitskrisis in die land gefokus. President Ramaphosa het aangekondig dat lenings en aansporingsbelonings ondersoek word om die oorskakeling na sonkrag te ondersteun, en ook dat u2019n minister van elektrisiteit aangestel sal word. Dit volg op grootskaalse bewusmakingspogings van produsente in veral die Noord-Kaap, wat met bakkies, trokke en trekkers opgetrek het om die boodskap u201ckos is krag en krag is kosu201d tuis te bring. In diu00e9 besproeiingsgebiede is daar reeds merkbare skade aan gewasse op die land u2013 gewasse wat nie water kry nie omdat beurtkrag besproeiing onmoontlik maak.nnu2019n Mens wil graag glo dit is boerestemme wat die wiele aan die rol gesit het u2013 dat die voedselproduseerders van Suid-Afrika se noodkreet nie langer geu00efgnoreer kon word nie. Want, soos hierdie boere tereg su00ea, dit gaan nie meer oor geld wat hulle verloor nie, maar oor derduisende mense en gemeenskappe wat gaan ly onder armoede, voedseltekorte en werkloosheid.nnHoewel hierdie stemme uit die landbougemeenskap gehoor word, is dit u2019n boodskap wat deur elke Suid-Afrikaner geu00ebggo behoort te word: help ons om kos te voorsien sodat Suid-Afrika kan eet.”,”position”:0,”id”:”jXbm3DlgNjLUbqe0″}]