Redakteursbrief
[{“type”:”text”,”content”:”Dit is te verstane. Almal vermy die emosionele wipplank waarop ons in 2020 en 2021 was. Verwag die minste, dan word jy nie teleurgestel nie. Maar dit is tog nie die moeite werd om so trapsuutjies deur die jare te beweeg nie, is dit?nnEk gaan nie ontken dat ons nou al vir lank deur u0149 rowwe en deurmekaar tyd gaan nie. Daar is egter soveel hoogtepunte wat daarmee saamgaan en soveel goeie nuus wat ons steeds kon deel. *Agri* is maar net een voorbeeld daarvan. Ons het ook aangepas, gegroei en meer oor onsself geleer. Ons het nuwe waardering vir die mense wat vir ons saak maak. Landbou en sy mense het presteer.nnOns verdien u0149 ruskans. En ons verdien u0149 kloppie op die skouer. Want daar is niks wat 2022 na ons kant toe kan gooi wat ons nie sal kan hanteer nie u2013 du00edt het 2020 en 2021 ons geleer. nnMag elke *Agri*-leser geseu00ebn word in hierdie tyd en met nuwe durf die volgende jaar saam met Agri SA aanpak. Ons kan nie wag vir die verskil wat ons su00e1u00e1m in 2022 gaan maak nie.”,”position”:0,”id”:”YNHYUbToLS4J9Pih”}]