Redakteursbrief
[{“type”:”text”,”content”:”Ek is lui om groente te maak, maar Covid-19 vereis dat jy jou kwota vitamiene inkry en sop is so u2018n maklike manier daarvoor.nnDie tweede winter met groentesop as beskerming teen hierdie onsigbare, maar bose, pandemie.nnDie vorige winter was nog vol onsekerheid en ek het gewissel tussen vrede maak met u2018n kluisenaarsbestaan en wonder of die ding werklik so erg is.nnToe raak ons gemakliker met hierdie nuwe manier van leef en raak u2018n bietjie laks in ons versigtigheid. Tot dit naby aan die huis begin tref.nnMy gesinslede en naby vriende wat Covid-positief getoets het, was bitter siek. Al hoe meer mense wat ek persoonlik ken, het die stryd verloor. Dit ruk jou gou terug na realiteit.”,”position”:0,”id”:”mtDZa5CLWfVRscci”}]