Nuwe polisiehoof aangewys
[{“type”:”text”,”content”:”In u2019n brief van gelukwensing aan die nuwe polisiehoof het Agri SA beklemtoon dat Masemola met een van die mees belangrike portefeuljes in die regering se sekuriteitsektor toevertrou is. Die organisasie het hom verder voorspoed toegewens en ons ondersteuning verseker rakende sy pogings om misdaad te bekamp, veral in die landelike landbougebiede.nnMasemola die Suid-Afrika al vir die afgelope ses jaar as adjunk-polisiekommissaris met u2019n uitstaande rekord van prestasie en polisiu00ebring oor die land heen. nnPresident Cyril Ramaphosa het verder genoem dat hulpbronne beskikbaar gestel is om u2019n addisionele 12 000 nuwe polisiepersoneellede te werf en op te lei sodat die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) so spoedig as moontlik die nodige kapasiteit kan bereik. Die president het ook aangekondig dat die hervestiging van gemeenskapspolisieforums ekstra aandag sal geniet om verhoudinge en kou00f6rdinering tussen plaaslike polisie en plaaslike gemeenskapslede te verbeter.nnAgri SA vertrou dat voortgebou kan word op die goeie verhouding wat die organisasie met Masemola se voorganger gehad het. Die organisasie het daarom ook versoek om Masemola persoonlik te ontmoet en hom in te lig oor Agri SA se werk asook die uitdagings van landbou in die bekamping van misdaad.nnAs u2019n organisasie het ons nog altyd u2019n opbouende verhouding met die SAPD gehad, veral met betrekking tot landelike veiligheid, soos met Agri SA se betrokkenheid by die implementering van die landelike veiligheidsplan in 1997, en meer onlangs met die finalisering van die nasionale landelike veiligheidstrategie. Die menseregtekommissie het ook in 2014 in u2019n studie beklemtoon dat u2019n goeie verhouding tussen Agri SA en die SAPD bestaan, iets wat Agri SA graag verder wil groei en ontwikkel.”,”position”:0,”id”:”RokQMMzg9zm0yHvJ”}]