Markwaarde seëvier in Jakkelsdans-uitspraak
[{“type”:”text”,”content”:”Die Jakkalsdans-saak was u2019n gulde geleentheid vir die staat om waardasiebeginsels te beoordeel en die grondeienaars billike vergoeding te bied.nnAgri SA verwelkom die uitspraak in die vergoedingsdispuut tussen die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling en die eienaars van onderverdelings van die plaas Jakkalsdans, noord van Pretoria. Dit is u2019n voortvloeisel uit die Moloto-restitusie-eis. nnDie uitspraak volg nu00e1 uitgerekte litigasie oor u2019n periode van meer as 10 jaar wat nie net die grondhervormingsproses vertraag het nie, maar die belastingbetaler honderde duisende rande aan regskoste gekos het. Agri SA het die verrigtinge oor die jare gemonitor en die grondeienaars sover moontlik in hul stryd teen die staat ondersteun. nnDie staat het volgehou om die grondeienaars aansienlik minder as markwaarde vir hul grond aan te bied. Die implementering van u2019n hersiene waardasieformule deur die waardeerder-generaal (WG) in Augustus 2015 het verdere vertragings veroorsaak en het sedertdien die finalisering van grondhervormingseise landwyd gestuit.nnDie formule het landwyd ernstige vertragings met die grondhervormingsproses teweeg gebring omdat die staat se aanbiedinge op grond u2013 gemaak op aanbeveling van die WG u2013 onredelik geblyk het. Ondanks die feit dat die regulasies eers op 30 November 2018 gepromulgeer is, pas die WG die opspraakwekkende formule al sedert April 2017 toe.”,”position”:0,”id”:”02X4pliU6Kree6hd”}]