Koop jou wyn aanlyn!
Meeste produkte kan deesdae moeiteloos aanlyn bestel word. GWK se eie Landzicht-kelder is sedert die einde van September ook deel van hierdie moderne tendens. Landzicht-liefhebbers kan nou vanuit die uithoeke van Suid-Afrika aanlyn hul gunsteling produkte bestel.
Landzicht se nuwe webwerf en aanlyn winkel is ontwikkel om die aankoopproses te vergemaklik en dié bekroonde wyne maklik toeganklik te maak vir wyndrinkers in ander provinsies. Die Noord-Kaap is nie net bekend vir sy asemrowende natuurskoon nie, maar dié provinsie lewer van Suid-Afrika se beste wyne ook.
Kliënte wat nie sonder ʼn glasie Landzicht-soetwyn of die staatmaker Winemaker’s Reserve-reeks kan klaarkom nie, se wense is uiteindelik aangehoor. Die bekendstelling van die nuwe webwerf en aanlyn winkel kom kort nadat Sanmari Snyman (hoof-wynmaker) aangewys is as die Vrouewynmaker van die Jaar tydens die Lumo- wyntoekennings.
Die Lumo-wyntoekennings bestaan sedert 2016 en het oorgeneem by die destydse SA Women’s Wine and Spirit Awards. Die span het in ʼn uiters kompeterende afdeling deelgeneem en nie net vir Landzicht en GWK trots gemaak nie, maar ook vir wynmaak in die Noord-Kaap.
Landzicht het die volgende pryse losgeslaan:
- Dubbelgoud vir die 2021 Rooi Muskadel
- Dubbelgoud vir die 2021 Hanepoot
- Goud vir die 2018 Winemaker’s Reserve Merlot
Hoe bestel jy jou gunsteling Landzicht wyn?
- Besoek www.landzicht.co.za en kliek op Account.
- Skep vir jou ʼn rekening om die bestelproses te vergemaklik.
- Kies jou gunsteling Landzicht-wyn en kliek op Add to cart (alle bestellings moet in veelvoude van ses gemaak word).
- Vul jou besonderhede in.
- Kliënte kan hul wyn direk by die kelder in Douglas oplaai, en ʼn afleweringsfooi is van toepassing indien jy nie jou bestelling by die kelder kan oplaai nie.
Vir meer inligting kontak gerus vir Landzicht direk by 053 298 8314 of stuur ʼn e-pos na [email protected].
Volg Landzicht hier en bly op hoogte: