John Deere se nuwe G5-skermreeks beïndruk
Wanneer jy in jou trekker, stroper of spuitkajuit is, is daar baie aktiwiteite om gelyk dop te hou. Dit verg baie fokus om al daardie funksies gelyktydig te bestuur en te monitor. John Deere het hierdie uitdagings herken en na die behoeftes van kliënte geluister. Dit het gelei tot die ontwikkeling van hul nuwe G5-skermreeks, wat spesifiek ontwerp is om hierdie komplekse werk te vergemaklik. Hiermee bou hulle voort op hul reeds gebruikervriendelike Gen4-skermreeks.
Die G5-aanraakskerm bied ʼn helder hoëdefinisiebeeld (1080p HD) wat selfs in swak lig duidelik sigbaar is. Dit maak maklik om dit kaarte en inligting te sien en die voorafopgestelde werkblaaie is ook verbeter. Die skermoppervlak is 35% groter as vorige modelle. Dit beteken jy kan meer funksies en toepassings gelyktydig sien sonder om tussen blaaie te beweeg. Die skerm het boonop ʼn groter en vinniger rekenaar wat die aansluittyd aansienlik verkort, inligting vinniger laai en reaksietyd verbeter.
Sleutelfunksies van die G5-skerm
Die 10,1-duim-G5-skerm word standaard gelewer met funksies soos Documentation, Data Sync, Wireless Data Transfer, Remote Display Access. AutoTrac, AutoTrac RowSense en Section Control is opsioneel. Aanvangskoste word dus laag gehou deurdat jy net hoef te betaal vir die funksies wat jy nodig het. Lisensiehouers kry ook toegang tot nuwe funksies soos hulle uitgereik word.
Die 12,8-duim-G5Plus-skerm gaan ʼn stap verder deurdat AutoTrac en Section Control standaard deel van die pakket is. AutoTrac Rowsense is hier steeds opsioneel.
Daar is ook op albei reekse ʼn tydelike Advanced Subscription beskikbaar, wat funksies soos AutoTrac Implement Guidance, AutoPath, AutoTrac Turn Automation en Machine Sync insluit.
Meer inligting oor die Advanced Subriptions
AutoTrac Implement Guidance: Sny wye en nou lasrye en moontlike skuif of sleepwa-effek van swaar implemente uit.
AutoPath: Soos ʼn bewerking in die land gedoen word, byvoorbeeld plant, word die lyn opgeneem en na Operations Center gestuur. Vandaar kan die opvolgende bewerkings of toedienings daardie selfde lyne gebruik en seker maak die plante word nie beskadig nie.
AutoTrac Turn Automation: Omdraai aan die einde van die land word presies en outomaties uitgeoefen wat produktiwiteit verbeter en operateurmoegheid verminder.
Machine Sync: Tap graan af terwyl die stroper beweeg sonder die kommer van mors selfs in rowwe terreine en met onervare operateurs deurdat die stroper beheer oorneem van die trekker se Autotrac-stelsel.
In-field Data Sharing: Deel reeds bewerkte area, gidslyne en land totale tussen veelsydige masjiene in dieselfde land.
Met die nuwe G5-skermreeks bevestig John Deere weereens hul toewyding tot innoverende tegnologie vir landbouvooruitgang.
Vir meer inligting kontak GWK Meganisasie se Precision Ag-span:
- Jason Prince: 082 906 1671
- Christopher Reid: 082 806 2724
- Riaan Hansen: 060 883 8921