John Deere Konstruksie-toerusting by GWK Meganisasie te kry

John Deere is vir meer as 140 jaar ʼn betroubare naam in Suid-Afrika. Dié maatskappy is diep gewortel in landbou en hoop om sy huidige kliënte, sowel as nuwe kliënte, aan boord te kry met die aanbieding van die nuwe John Deere Konstruksie-produkte.
Hierdie uitbreiding van die kompeterende John Deere-reeks sluit laaigrawe, geartikuleerde vragmotors, stootskrapers en opgrawers in. Elke John Deere Konstruksie-produk word ten volle ondersteun deur die nasionale handelaarsnetwerk en soos oudergewoonte word uitstekende naverkopediens aan kliënte beloof.
Waarom is John Deere Konstruksie reg vir jou?
ADT-ratkaswaarborg: John Deere stel ʼn industrievoorloper-waarborg van 5 jaar/15 000 uur bekend op kwalifiserende John Deere geartikuleerde vragmotors.
Handelaarsbystand: GWK Meganisasie en John Deere Konstruksie werk deurgaans om te verseker dat jy produktief bly.
Area-gebaseerde voorraad: Om jou produktief te hou, het John Deere miljarde belê om area-spesifieke onderdele beskikbaar te hê. Indien jou plaaslike GWK Meganisasie-tak nie voorraad het nie, is dit John Deere se doel om op dieselfde dag reeds onderdele te ontbied.
24/7 Tegniese ondersteuning vanaf die fabriek: Tegniese ondersteuning spesialiste is direk in kontak vanaf die John Deere fabriek om handelaars by te staan met enige navrae rondom die nuwe geel masjinerie. Hierdie spesialiste is in direkte kontak met ingenieurs en produkondersteunings-spesialiste, om so spoedig moontlik enige probleme op te los.
Prioritisering van konstruksie-masjinerie: Tegniese ondersteuning van konstruksie-masjinerie ontvang onmiddellike prioriteit. ʼn Hoëproduksie-omgewing kan nie bekostig om te stop vir enige onderbreking nie.
Tegnologies gevorderde ondersteuning: John Deere Konstruksie-masjinerie kom standaard met ʼn 5 jaar JDLink-pakket. Hierdie oor-die-lug-programmering en -diagnose stel John Deere in staat om jou probleme vinnig en meer koste-effektief op te los.
Onderdele-voorvereistes: John Deere-handelaars wat konstruksie-masjinerie verkoop, is verplig om ʼn omvattende voorraadlys aan te hou.
Diensgereedskap-vereistes: ʼn Omvattende reeks onderdele beteken min sonder die regte gereedskap om dit te installeer. Alle ondersteuningshandelaars is ten volle toegerus met die perfekte dienstoerusting. Werkswinkels is só ontwerp dat swaar masjinerie met ʼn hyskraan rondgeskuif en ondersoek kan word. Diensvoertuie is ook toegerus om jou konstruksie-masjinerie op jou perseel te kan nagaan.
Tegnikus-sertifisering: John Deere beskik oor gekwalifiseerde tegnici wat spesialisopleiding ondergaan om jou swaar konstruksie-masjinerie te diens.
Produksie oor die lang termyn: ʼn Klein fout moet nie in ʼn krisis ontaard nie. John Deere Protect Service Plan help om jou totale masjienkostes laag te hou. Hierdie plan beperk onnodige onderhoudbeplanning en stel jou in staat om te verder op jou besigheid te fokus.
Die volledige reeks John Deere Konstruksie-toerusting
Doen gerus navraag by jou naaste GWK Meganisasie-tak oor enige John Deere-produk:
- Hendri Lambrecht: 082 860 0250
- Koos Maritz: 071 421 2758 (Prieska)
- Ronald Cawood: 066 272 6772 (Hopetown)
- Andre (Vos) Botha: 071 680 2796 (Douglas)
- Barnaby Brinkworth: 066 096 9964 (Upington)
- Tinus Oosthuizen: 082 804 0430 (Luckhoff)
- Willie Serfontein: 084 588 2016 (Barkly-Wes, Kimberley en Modderrivier)