2023 Jongboer-oes word ingewag
[{“type”:”text”,”content”:”Inskrywings vir diu00e8 kompetisie word afgewag. Die provinsiale wenners kwalifiseer almal as finaliste uit wie se geledere die nasionale wenner van die kompetisie aangewys sal word.nnDie waarde van die jongboer-kompetisie moet nie onderskat word nie! Deur die kompetisie word jong rolmodelle in die landbou gevind wat as voorbeeld vir nuwe toetreders kan dien.nnVrystaat Landbou het reeds hul kandidate gefinaliseer. Ontmoet die kandidate …nnHansie Mu00fcller (36, Viljoenskroon) boer reeds die afgelope 18 jaar, waarvan 7 jaar op sy huidige plaaseenheid wat hy self aangekoop het. Hy is passievol oor sy voerkraal en werk saam met sy vrou, Adrie, volgens sy persoonlike leuse, u201cNot the biggest, but the bestu201d. Benewens die voerkraal, bedryf hy ook u2018n saaiboerdery. Hansie glo dat kinders elke aand u2019n bord kos moet hu00ea en is daarom by verskeie gemeenskapaksies in sy omgewing betrokke. Hy is u2019n lid van die brandvereniging en is ook by landelike veiligheid betrokke.”,”position”:0,”id”:”RKzD3iwZsKoS5r5p”},{“type”:”image”,”content”:”https://agrisaonline.com/images/866″,”position”:1,”id”:”VhZfN89IGXWwitA6″},{“type”:”text”,”content”:”*Hansie Mu00fcller en sy vrou, Adrie.*nnHennie Geldenhuys (37, Excelsior) boer in sy woorde u2018reeds van kindsbeenu2019 af en het u2019n liefde en passie vir wat hy doen. Hy glo dat jy die vrugte pluk van jou harde werk en is daarom nie bang om moue op te rol en self in te spring nie. Hennie is die besturende direkteur van die familie stroop kontrakteur onderneming en bedryf ook sy eie saaiboerdery. Hy is deel van die plaaslike veiligheidsektor wat gereeld saam met die polisie patrollie ry. Hy en sy vrou Franciske, ondersteun die plaaslike kleuterskool, kerke en gemeenskapaksies.”,”position”:2,”id”:”ceMQIxgY8dAJZieB”},{“type”:”image”,”content”:”https://agrisaonline.com/images/867″,”position”:3,”id”:”7aik4jNCLTOrVSUq”},{“type”:”text”,”content”:”*Hennie Geldenhuys en sy vrou, Franciske.*nnLukas Lessing (26, Marquard) boer al vir 10 jaar en wil niks anders doen nie. Hy meen die feit dat sy pa hom van jongs af betrek het by besluitneming en vryheid gegee het, het positiewe resultate gelewer. Hy is tans die algemene bestuurder van die familie trust. Hy bedryf hoofsaaklik u2019n saaiboerdery (mielies, soja en sonneblom) en u2019n kleiner veevertakking. Lukas en sy vrou, Marnu00e9, is betrokke by hul plaaslike kerk asook die plaaslike aftree oord en Lukas huiwer nie om self plaaspaaie te skraap waar dit nodig is nie. Hy glo daarin dat sy werkers voordeel trek uit hul insette tot die boerdery, dat hulle versorg is en hul werk geniet.”,”position”:4,”id”:”lhnyi3T8sO2RXbpm”}]