Vloede: Ramptoestand moet noodlenigingsfinansiering en herbou van kritieke infrastruktuur versnel
[{“type”:”text”,”content”:”Die aankondiging, wat deur dr. Nkosazana Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, gemaak is, volg op u2019n week van swaar reu00ebnval, met nog reu00ebn wat vandeesweek verwag word. Benewens die skade aan private eiendom, het die oorstromings kritieke infrastruktuur vernietig. In dele van KwaZulu-Natal, waar vloede in 2022 reeds aansienlike skade aangerig het, is die gevolge katastrofies.nnOns doen u2019n beroep op minister Dlamini-Zuma om maatreu00ebls in plek te stel om die beskikbaarstelling van noodlenigingsfinansiering op u2019n deursigtige en verantwoordbare wyse te verseker. Ons vertrou dat die betrokke portefeuljekomitee van die Nasionale Rampbestuursentrum (NDMC) en die kantoor van die ouditeur-generaal hul rol in diu00e9 verband sal speel.nnAgri SA sal voortgaan om die situasie te monitor en lede ingelig gou deur die organisasie se samewerking met die NDMC. Ons moedig boere aan om impak-assesserings wat deur die onderskeie provinsiale rampbestuursentrums verskaf word, te voltooi om te verseker dat die skade wat weens die gure weer gely is behoorlik verreken kan word.”,”position”:0,”id”:”yyQzUnUuFpwOKFRR”}]