Wat behels staatsvoogdyskap?
[{“type”:”text”,”content”:”Vir die staat om voogdyskap oor sekere grond te bewerkstelling, moet die staat wetgewende en ander maatreu00ebls daarstel om gelyke toegang vir almal te verseker. Albei hierdie nuwe voorgestelde klousules hou verband met staatsvoogdyskap. Die vraag ontstaan egter: Wat behels sodanige voogdyskap?nn#### Historiese en internasionale konteksnnReeds in die tweede eeu nu00e1 Christus het die Romeinse reg erkenning verleen aan die feit dat die see en kuslyn die gemeenskaplike eiendom van alle mense is en dat almal die reg het om die see en sy hulpbronne te gebruik. Die Romeine het egter ook erkenning gegee aan eiendomsreg op grond, wat sterk beskerming geniet het. Die Romeine het onderskei tussen sake wat in privaat eiendom verkry kon word (soos grond, u2019n huis, implemente en diere) en sake wat nie privaat besit kon word nie (soos die see, riviere en die lug). Privaat eienaarskap in die Romeinse reg het die regte ingesluit om die saak te hou, daarmee handel te dryf, dit te gebruik en te geniet. Eiendomsreg kon toe reeds beperk word in gemeenskaplike belang.nnDie konsep van die openbare trust vind toepassing in die Amerikaanse reg, maar dit bly kontroversieel en dit is nie van toepassing op grond nie. Dit vind wel toepassing op die atmosfeer (in terme van kweekhuisgas) en bevaarbare water (die see, riviere en mere). Dit vind ook beslag in die Britse, Franse en Duitse reg. In Suid-Afrika vind die konsep toepassing deur middel van wetgewing oor water, minerale en die natuurlike omgewing.nn#### Inhoud van voogdyskapnnDie staat, as voog van sekere hulpbronne, dra groot verantwoordelikheid om sodanige hulpbronne te bewaar en te bestuur op u2019n wyse waar dit ook vir toekomstige geslagte van waarde sal wees en tot almal se voordeel is. Die staat het u2019n verantwoordelikheid om byvoorbeeld watergehalte en -beskikbaarheid en die bewaring van die natuur te verseker. nnIn Suid-Afrika kan daar indringende vrae gevra word oor of die staat enigsins hierdie verantwoordelikhede nakom. Die staat word nie toegelaat om self eienaarskap van hulpbronne wat onder voogdyskap is, te verkry nie. Die oordrag van hulpbronne wat gehou word in voogdyskap namens die nasie, mag ook nie oorgedra word aan individue of groepe nie.nnDie probleem ontstaan egter wanneer die uitoefening van staatsvoogdyskap lei tot die ontneming van privaat eiendomsreg sonder vergoeding. Dit het gebeur met ou-orde-mineraalregte in Suid-Afrika.”,”position”:0,”id”:”mFB6FsrqpmRnOU2z”}]