Sonkrag vir volhoubaarheid
GWK Farm Foods se mieliemeule op Christiana het in Junie vanjaar amptelik hulle nuut-opgerigte 1MWp fotovoltaïese (PV)-sonkragstelsel in gebruik geneem.
Hierdie stelsel is deur die sonkragdiensverskaffer, Decentral Energy, opgerig en word ook deur dié maatskappy bestuur. Die ooreenkoms tussen die verskaffer en GWK Farm Foods sluit ook die aankoop van ekstra krageenhede in.
GWK Farm Foods is nou deel van die van die groter voedselverwerkingsbesigheid van die VKB Groep, VKB Agri Processors, ná die samesmelting tussen GWK en VKB in Mei 2023. Die VKB Groep self het oor die afgelope paar jaar reeds verskeie ander suksesvolle sonkragprojekte in sy produksiebedrywighede saam met ander verskaffers geïmplementeer.
Verskeie aspekte is oorweeg in terme van alternatiewe kragvoorsieningsoplossings by die Christiana-aanleg, met die primêre dryf daaragter om aan die bedryfsvereistes te doen en om die afhanklikheid van tradisionele kragoplossings te verminder.
“Met die algemene landwye ladingsdruk op die nasionale kragnetwerk en die implementering van beurtkrag om dit te verlig, word hierdie produksiebehoefte sporadies onder druk geplaas,” sê Uitvoerende Hoof van Graanverwerking by VKB Agri Processors.
Hy noem dat die aanleg, voor die oprigting van die nuwe sonkragstelsel, afhanklik was van munisipale kragvoorsiening en waar nodig, kragopwekkers om aan die aanleg se 24 uur produksiebehoefte te voldoen.
“In ʼn 24uur voedselproduksieomgewing is daar ʼn groot afhanklikheid van konstante kragvoorsiening vir onder meer die effektiewe werksverrigting van toerusting, om produkdeurset en -gehalte te handhaaf en om af te lewer op vasgestelde produksieteikens,” sê Labuschagne.
Die meule op Christiana verwerk witmielies (wat deur produsente in die omliggende gebiede gelewer word) tot mieliemeel, wat verpak word vir verskillende handelsmerke, insluitend Top White (eie handelsmerk). Lees meer in die vorige uitgawe van Kommuniek oor Top White by https://www.ecne.co.za/local-is-lekker-veral-as-jy-van-mieliepap-hou/.