Redakteursbrief
[{“type”:”text”,”content”:”Met geldige rede ook, want min ander bedrywe het soveel u2013 so baie en sulke uiteenlopende u2013 uitdagings soos landbou. Maar gedurende die afgelope jaar het u0149 daar u0149 skuif in gesprekke begin plaasvind. u0149 Mens kan nie jou vinger plaas op die presiese rede daarvoor nie, maar dit is iets wat my opgewonde maak.nnTydens Agri Noord-Kaap se jaarkongres het Nicol Jansen, Agri NK-president en op Agri SA se kongres aangewys as vise-president, u0149 toespraak gelewer wat u0149 staande applous verdien het.nnu201cDeur emosioneel uiting te gee aan alles wat boere moet oorkom, dra geensins by tot konstruktiewe vordering en verbetering nie,u201d su00ea Jansen. u201cDit skep en verbreed die domein van negatiwiteit en pessimisme. Ons sal eenvoudig met aksie en daad die destruktiewe minderheid moet uitpresteer. Positiewe energie is aansteeklik, positiewe energie voed die kreatiewe denke, en positiwiteit verbeter gesondheid.u201dnnIn skrille kontras hiermee verskyn daar onlangs u0149 berig op Netwerk24, waarin u0149 landbou-ekonoom sy skok uitspreek oor Agri SA se samewerking met die regering.nnDiu00e9 ekonoom mag dalk verkeerd of nie volledig aangehaal wees in die berig nie, maar vir geen van die probleme wat uitgewys word, word daar u0149 alternatief of oplossing gebied nie.nnOns kan nie beheer wat die wu00eareld na ons kant toe gooi nie. Boere kan nie droogtes, ekonomie, plaasveiligheid of onluste beheer nie. Ons kan wel ons reaksie daarteenoor beheer. Boikot ons enige vorm van samewerking, of probeer ons die beste moontlike uitkoms bewerkstellig met die kaarte wat ons nie gekies het nie, maar wat ons uitgedeel is…?”,”position”:0,”id”:”rX0cG0zlKgOsMmwU”}]