Oorwinning in waterregtesaak
[{“type”:”text”,”content”:”Die hofuitspraak is gelewer deur regter Clive Plasket namens die meerderheid van die Appu00e8lhof-regters (met u2019n minderheidsuitspraak deur regter Tati Makgoka). Dit volg nadat die hou00ebrhof in Pretoria drie aansoeke met betrekking tot Lu00f6tter, Wiid en South African Association of Water Users Associations (SAAFWUA) vir u2019n verklarende bevel oor die korrektheid van u2019n omsendbrief deur die departement van water en sanitasie (uitgestuur in Januarie 2018) van die hand gewys het. Hierin het die departement bepaal dat watergebruiksregte nie oorgedra mag word nie.nnAgri SA het van die begin af die regskoste in die Lu00f6tter- en Wiid-sake met fondse uit sy Vrywillige Waterfonds gedek.nnDie uitspraak is uiters belangrik vir Agri SA en ander partye. Die vermou00eb om waterregte wettig ingevolge die bepalings van artikel 25 van die Nasionale Waterwet oor te dra, is noodsaaklik, veral vir die besproeiingsektor. Die oordraagbaarheid van watergebruiksregte ingevolge die Nasionale Waterwet is sedert die begin deur die departement van water en sanitasie beoog en aktief ondersteun.nnDie aangeleentheid is eweneens belangrik vanuit u0149 regsoogpunt, veral met betrekking tot oordrag en verhandeling ingevolge die wet. Hierdie uitspraak deur die Appu00e8lhof dien as regverdiging vir die posisie wat Agri SA en ander ingeneem het oor die korrekte vertolking van die Suid-Afrikaanse wet.nnDie DWS het intussen aangedui dat hulle teen die uitspraak gaan appelleer.”,”position”:0,”id”:”65bC3kagzCWsixFW”}]