Noordwes-boer stuur nou
Agri Securitas Trustfonds
[{“type”:”text”,”content”:”Cobus van Zyl is deel van u2019n vyfde-generasie familieboerdery met belange in die Makwassie- en Hartbeesfontein-omgewing van Noordwes. Hy boer saam met sy pa en broers met mielies, sonneblom, grondbone, skape en beeste. Cobus is vise-president van Agri Noordwes, lid van Hartbeesfontein Landbouvereniging en die voorsitter van Agri SA se Ekonomiese Sentrum van Uitnemendheid.nnCobus stap ver terug wanneer hy oud-President Nelson Mandela se woorde tydens die Agri Securitas Trustfonds se bekendstellingsgeleentheid in 1999 aanhaal: u201c… landbou se bydrae tot gemeenskaplike vooruitgang, vrede en nasionale stabiliteit is onontbeerlik.u201d nnVolgens hom is diu00e9 stelling vandag selfs meer relevant.nnHans van der Merwe, voormalige uitvoerende direkteur en trusteelid by Agri SA het by geleentheid opgemerk: u201cGoeie bome verwissel ook blareu201d u2013 die raad van trustees beleef nou so u2019n seisoensverandering met Cobus wat die stuur oorneem. Cobus gee erkenning aan voormalige voorsitters Japie Grobler en Kiewiet Ferreira, wat baanbrekerswerk as stigterslede vir die trustfonds gedoen het.nnu2019n Huis word op goeie fondamente gebou en binne die verband van u2019n organisasie is diu00e9 fondament goeie waardes en praktyk. Hy bedank Japie en Kiewiet vir die boublokke wat hulle gelu00ea het asook oud- en dienende medetrustees wat met die waardes van respek, beskeidenheid, innovasie en optimisme vaste vertroue in die werksaamhede van die Agri Securitas Trustfonds oor dekades kon vestig.”,”position”:0,”id”:”B90u5USwFCSfkVAl”}]