Konstitusionele Hof oorweeg regering se appèl van belangrike waterregte-uitspraak
[{“type”:”text”,”content”:”Die verhoor kom nadat die Appu00e8lhof op 8 November 2021 teen die Departement beslis het. Die Hooggeregshof het bevind dat waterregtehouers geregtig is daarop om sulke regte oor te dra in ooreenstemming met die bepalings van die nasionale waterwet, en dat die handel in sulke regte nie verbode of onwettig is nie.nnDie vermou00eb om watergebruiksregte oor te dra, is veral vir besproeiingsboere noodsaaklik. Dit is deur die Departement erken, wat die huidige raamwerk van die begin af ondersteun het. Die Departement het egter daarna probeer om waterregtehouers onregmatig van hierdie reg te stroop en het in die Konstitusionele hof verlof gesoek om teen die Appu00e8lhof-uitspraak te appelleer.nnDie Konstitusionele Hof se verhoor is van groot belang vir die landbousektor in Suid-Afrika, aangesien watergebruikregte u2019n belangrike bate vir die land se boere is. Daarom het Agri SA twee van die boere se regskoste uit sy Vrywillige Waterfonds gedek. Die Konstitusionele Hof se beslissing oor die appu00e8l sal vir die sektor van gelyke belang wees.nnu201cDie Appu00e8lhof-uitspraak was u2019n belangrike oorwinning vir die landbousektor en Agri SA is optimisties dat dit gehandhaaf sal word. Dit is die enigste manier om Suid-Afrika se vermou00eb om voort te gaan om voedsel plaaslik volhoubaar te produseer, te beskerm en te bevorder. Indien die Departement se aansoek om verlof tot appu00e8l geweier word, sal boere met u2019n mate van regsekerheid met hul bedrywighede kan voortgaan. Maar indien verlof tot appu00e8l toegestaan word, sal Agri SA voortgaan om die land se boere in die Konstitusionele Hof te ondersteun om te verseker dat die Departement nie toegelaat word om die noodsaaklike waterregte waarop boere staatmaak, uit te wis nie,u201d het Janse Rabie, Agri SA, Regs- en Beleidsbestuurder, gesu00ea.nnDie konstitusionele hof het nog nie u2019n beslissing gemaak nie.nnTo read an English version of this article, [click here](https://agrisaonline.com/storage/files/con-court-to-consider-government-appeal-of-vital-supreme-court-water-rights-judgment-24-aug.pdf)”,”position”:0,”id”:”CZutbHFpoOFeFnaw”}]