Kleinskaalse mynbou: groter bedreiging as skaliegas?
[{“type”:”text”,”content”:”Soortgelyke probleme begin landswyd kop uitsteek. Agri SA voorspel dat die probleem mettertyd u2019n groter risiko vir die landbousektor mag inhou as beplande skaliegasontginning in die sentrale Karoo en elders.nnWeens die uitreiking van u201cmynpermitteu201d ingevolge die wet op mineraal en petroleum hulpbronne ontwikkeling (MPRDA) word toenemende sandmynaktiwiteite tans beplan.nnMynpermitte word spesifiek in artikel 27 van die MPRDA beskryf. Dit moet onderskei word van ander soorte regte waarvoor die wet voorsiening maak, byvoorbeeld prospekteerregte, mynregte, eksplorasieregte en produksieregte.nnNormaalweg is mynpermitte aangewend vir betreklik kleinskaalse gruis- en sandontginning, veral vir die bou van paaie. u2019n Mens sien gereeld nog langs ons paaie die tekens van waar sand en gruis vir doeleindes van u2019n pad se konstruksie ontgin is ingevolge mynpermitte.nnAanvanklik was u2019n mynpermitarea beperk tot 1,5 ha. In 2013 is die MPRDA egter verander sodat mynpermitareas nou tot 5 ha mag beslaan. Mynpermitte duur vir twee jaar, maar mag drie maal agtereenvolgens vir een jaar verleng word.nnMynpermithouers mag saam met hul werkers die area waarvoor die permit uitgereik is, betree. Boonop mag hulle enige gereedskap, toerusting of masjinerie saambring om infrastruktuur vir die mynwerk op te rig. nnGepaardgaande met u2019n mynpermit wat deur die streekkantoor van die departement van minerale en energie (DMRE) uitgereik word, moet u2019n persoon wat gruis en sand wil ontgin ook aansoek doen vir u2019n omgewingsmagtiging ingevolge die nasionale wet op omgewingsbestuur (NEMA) wat deur dieselfde DMRE se streekkantoor uitgereik word – nu00e1 afhandeling van die vereiste omgewingsimpakstudies. Mynpermithouers moet voldoen aan die vereistes van die nasionale waterwet, en moet ook in meeste gevalle aansoek doen om u2019n waterlisensie. nnDit is veral die omgewingsmagtigings wat deur die tersaaklike streekkantoor van die DMRE uitgereik word wat tans probleme skep. NEMA vereis dat die tersaaklike provinsiale departement van omgewingsake sulke magtigings moet uitreik (nu00e1 afhandeling van die voorgeskrewe studies en die hou van sekere publieke deelnameprosesse deur onafhanklike praktisyns vir omgewingsassessering). Die enigste uitsonderings hierop is in die geval van aktiwiteite wat verband hou met mynpermitte, prospekteerregte, mynregte, eksplorasieregte en produksieregte vir wie die DMRE verantwoordelik is.nnDie huidige situasie dui op die ernstige institusionele verval van die DMRE u2013 u2019n bron tot groot kommer. Dis algemene kennis dat die streekkantore van die departement disfunksioneel is; rekordhouding van gebiede van myn- en ander regte, die houers van sodanige regte, die tersaaklike minerale waarvoor dit uitgereik is en dies meer is ontoereikend of disfunksioneel. u2019n Nuwe kadastersisteem word al vir jare belowe, maar tot dusver het daar nog niks van gekom nie.”,”position”:0,”id”:”PevcPj2RCAJnLK9N”}]