Grootskaalse veranderings aan SA se omgewingswetgewing
[{“type”:”text”,”content”:”Hierdie wysigingswet bring omvangryke veranderinge aan Suid-Afrika se omgewingswetgewing teweeg, insluitend die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (NEMA), die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval (NEMWA), die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Luggehalte (NEMAQA), die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit (NEMBA), die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermde Gebiede (NEMPAA) en die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Geu00efntegreerde Seekus-bestuur (NEMICMA). nnDit bring ook grootskaalse veranderinge aan die omstrede u201cenkele omgewingstelselu201d (*One Environmental System*) en die rolverdelings tussen die regeringsdepartemente verantwoordelik vir die omgewing en vir mynbou. nnDaar kan tereg gesu00ea word dat Suid-Afrika se omgewingswetgewing sedert 24 Junie 2022 ‘n fundamentele verandering ondergaan het. Die wysigingswet het velerlei verbeteringe en veranderinge aan die *One Environmental System* gemaak, veral wat die omgewingsbestuur op mynareas betref. Die wysigingswet bevat ‘n hele aantal nuwe strafbepalings en verhoog bestaande strafbepalings en administratiewe boetes waar wetgewing of lisensies oortree word. Dit brei ook wetstoepassingsmagte aansienlik uit. nn#### Die omstrede artikel 24G-rektifiseringsprosesnnDie reikwydte van artikel 24G-rektifiseringsaansoeke (waarvolgens persone sonder die nodige omgewingsmagtigings hul onwettige optrede retrospektief kan regstel) is verbreed. Voorheen kon slegs persone wat wederregtelik sonder die nodige omgewingsmagtigings met gelyste aktiwiteite begin het, aansoek doen vir sodanige optrede se rektifisering ingevolge die vereistes van artikel 24G van NEMA. Daardie bevoegdheid word nou uitgebrei na titel-opvolgers, asook persone in beheer van die eiendom waar gelyste aktiwiteite ingevolge NEMA en die NEMWA ongemagtig onderneem is. nnDit is nou ook verpligtend dat die regering ‘n persoon wat aansoek doen vir rektifisering ingevolge artikel 24G moet gelas om die aktiwiteit waarvoor die aansoek gedoen word, te staak tot tyd en wyl die aansoek afgehandel is (behalwe as daar redelike gronde is om te vermoed dat die staking ernstige skade vir die omgewing sal inhou).nnHierdie is ‘n noemenswaardige verandering omdat in praktyk sulke persone voorheen selde verplig was om onwettige aktiwiteite te staak. Dit het in die verlede gelei tot grootskaalse misbruik van die artikel 24G-proses. nnDaarbenewens is die maksimum administratiewe boete wat betaal moet word voordat ‘n aansoek om rektifisering verwerk kan word, van R5 miljoen na
R10 miljoen verhoog.nn#### Uitgebreide wetstoepassingsmagtennMunisipale bestuurders sal voortaan direktiewe ingevolge artikel 28(4) van NEMA mag uitreik waar omgewingsorgsaamheidspligte nie nagekom word nie. Omgewingsinspekteurs vir mynbou en petroleum sal ook voldoeningskennisgewings ingevolge artikel 31L van NEMA mag uitreik. Hierdie veranderings sal hopelik lei tot ‘n toename in wetstoepassings-optrede.nn#### Wysiging van artikel 22A van Nasionale Omgewingsbestuurswet op LuggehaltennArtikel 22A van die Nasionale Omgewingsbestuurswet op Luggehalte is aansienlik hersien en maak nou, onder meer, ook voorsiening vir rektifisering van ongemagtigde aktiwiteite waarvoor lisensies bekom moes gewees het ingevolge die wet. Die proses (wat nie vantevore bestaan het ingevolge die Nasionale Omgewingsbestuurswet op Luggehalte nie) is grootliks geskoei op die nuwe artikel 24G-meganisme, soos hierbo uiteengesit.nn#### Mynresidu-voorraadstapels en residu-neerslaennDie regulering van mynresidu-voorraadstapels en residu-neerslae is gewysig deurdat mynhope nie meer as afval beskou word en deur die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Afval (NEMWA) gereguleer word nie. Mynhope as sulks benodig dus nie meer ‘n afvalbestuurslisensie ingevolge die NEMWA nie. Residu-voorraadstapels en residu-neerslae sal voortaan ingevolge die bepalings van NEMA direk gereguleer word.”,”position”:0,”id”:”kxyOId84cMmVLUeD”}]