Droogterampverklaring: Beteken dit iets?
[{“type”:”text”,”content”:”Die privaatsektor en die staat se skade weens die burgerlike onrus in KwaZulu-Natal en Gauteng in Julie vanjaar beloop daarbenewens miljarde rande. Teen hierdie agtergrond word die Covid-19-pandemie, wat moontlik die langste nasionale rampverklaring tot volg het, gevolg deur nu00f3g u2019n nasionale rampverklaring vir droogte.nnDie nasionale droogterampverklaring wat op 20 Julie 2021 gepubliseer is, word deur Agri SA en sy affiliasies verwelkom. Boere in droogtegeteisterde dele van die Wes-, Noord- en Oos-Kaap se hulpkrete om droogtehulp het nie op dowe ore geval nie. Die vraag wat ter sprake kom, is of die nasionale regering oor die vermou00eb beskik om uitvoering aan hierdie nasionale droogterampverklaring te kan gee.nnDele van die Noord-Kaap, Oos-Kaap en Wes-Kaap wat gemiddeld droogtes van ses tot nege jaar ervaar, het droogtehulp van staatsdepartemente ontvang, maar daar is dringend finansiu00eble ondersteuning nodig om plaaslike ekonomieu00eb te red en die oorblywende kernkuddes se oorlewing te verseker. Hulp van die privaatsektor, donateurs en ander help geweldig baie om boere en werkers op plase te hou, maar is nie genoeg nie. Dit is u2019n positiewe stap van die regering om hierdie gebiede, wat gebuk gaan onder ernstige rampdroogtetoestande, se nood te erken deur u2019n rampverklaring uit te reik. nnDie belangrikheid van die rampverklaring hang nie net af van die regering se vermou00eb om fondse beskikbaar te stel nie, maar om diu00e9 fondse aan te wend vir die doel waarvoor dit beskikbaar gestel word. Die belangrikste rolspelers om uitvoering aan die nasionale rampverklaring te gee, sal die provinsiale rampbestuursentrums en departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling wees, in samewerking met distriksmunisipaliteite. Hierdie strukture bepaal die omvang van die ramp en moet toesien dat die nodige verligting op grondvlak beskikbaar gestel word. Burokratiese rompslomp, onvoldoende begroting en swak administrasie van droogtehulp het deur die jare talle landbouers se lewensbestaan geknou.”,”position”:0,”id”:”4PSXWQZsTt54Cd8S”}]