Christo sê: Is die landbousektor gerat vir die toekoms?
[{“type”:”text”,”content”:”Groeiende bevolkings bring groter uitdagings mee. Waar is die hulpbronne om al hierdie mense van kos, water, behuising, krag, onderwys, gesondheidsdienste en vele ander dienste te voorsien?nnIn talle lande lei die gebrek aan kos, water en basiese dienste tot konflik tussen gemeenskappe en die staat. Ter plaatse is ons probleem nog groter: disfunksionele staatsdepartemente, munisipaliteite en publieke instellings.nnOm aan u2019n groeiende bevolking op u2019n daaglikse basis toegang tot u2019n ordentlike bord voedsame en goedkoop kos te bied, kan nie as vanselfsprekend aanvaar word nie. Daar moet deeglik beplan word en die landbousektor moet u2019n integrale rol in die beplanning speel om hongersnood en wanvoeding te voorkom. Die reg tot voedsel is u2019n fundamentele en universele mensereg en word as sulks in die Verenigde Nasies (VN) se Universele Verklaring van Menseregte, wat in 1948 opgestel is, omskryf. n nIn Suid-Afrika is die bestryding van hongersnood en wanvoeding meer as net ‘n morele verpligting. Artikel 27 (1) (b) van die Suid-Afrikaanse Grondwet plaas ook u2019n grondwetlike verpligting op die staat en op die landbousektor. nnDit verklaar soos volg: *Almal het die reg om toegang te hu00ea tot voldoende voedsel en water. *Hierdie verpligting word deur artikel 27 (2) verder gekwalifiseer deur die staat te verplig om redelike wetgewende en ander maatreu00ebls, binne sy beskikbare hulpbronne, te implementeer om die progressiewe realisering van elkeen van diu00e9 regte te verseker.”,”position”:0,”id”:”VuFLoAKSl4OuqteB”}]