Betalings van sprinkaanbeamptes moet ondersoek word
[{“type”:”text”,”content”:”Daarom het Agri SA u2019n brief aan minister Thoko Didiza gerig waarin versoek word dat ondersoek ingestel word rondom die laat betalings van kritiese diensverskaffers tydens die ergste sprinkaan-uitbraak van die afgelope 25 jaar. Indien daar nie opgetree word nie, kan die regering die dienste van kritieke sprinkaanbeamptes verloor, terwyl miljoene hektaar onder gewasse skade ly weens die voortdurende krisis.nnAgri SA het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling herhaaldelik verwittig van laat betalings van sprinkaanbeamptes u2013 die mense wat direk verantwoordelik is vir plaagbestryding. Sommige van hierdie beamptes het ses maande laas betaling ontvang. Verder is die brandstoftoelaag laas in 2013 aangepas; met die huidige rekord-hou00eb brandstofprys, bevind sprinkaanbeamptes hulself dus in u2019n ernstige finansiu00eble dilemma.nnIn Maart 2022 het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling weeklikse JOC-vergaderings ingestel sodat pogings om sprinkaanswerms oor meer as 24 miljoen hektaar landbougrond in Suid-Afrika te bestry en te beheer meer gekou00f6rdineerd kan wees. Agri SA het hierdie forum gebruik om terugvoer te gee oor weeklikse verslae rondom die stand van betaling, soos saamgestel deur sy provinsiale affiliasies. Ten spyte van weeklikse versoeke dat die aangeleentheid ondersoek word, is niks gedoen om die bedreiging rakende die sektor se vermou00eb om die uitbraak te bestry, aan te spreek nie.nnAs gevolg van die departement se gebrek aan optrede het sommige van die sprinkaanbeamptes intussen regsadvies ingewin, en dreig nou met litigasie tensy die saak dringend aangespreek word. Agri SA is veral bekommerd dat die huidige situasie sal veroorsaak dat sprinkaanbeamptes hul dienste onttrek, wat dan die departement se vermou00eb om noodsaaklike diensverskaffers in die toekoms te kontrakteer kan ondermyn. nnDie weeklikse JOC-vergadering wat op 8 Junie 2022 sou plaasvind om diu00e9 krisis te bespreek, is gekanselleer aangesien verskeie amptenare met verlof was. Die feit dat dit gebeur het juis wanneer die situasie u2019n krisispunt bereik, vereis dat die situasie geu00ebskaleer word. nnAgri SA het dus geen ander keuse as om u2019n beroep op Minister Didiza te doen om in te gryp om die rede vir die swak bestuur van betalings vas te stel, en om u2019n spoedige oplossing te vind. Benewens die onmiddellike behoefte het Agri SA ook gevra dat Minister Didiza u2019n ondersoek loods om te bepaal oor hoe die betalingstelsel verbeter kan word om in die toekoms soortgelyke uitdagings te vermy.nnAgri SA sal voortgaan om met alle belanghebbendes te skakel om die impak te versag van die huidige sprinkaanuitbraak op die Suid-Afrikaanse ekonomie en die nasie se voedselsekerheid.nn* *Hooffoto geneem deur Conrad Bornman*”,”position”:0,”id”:”9qHFi6ac7R14vqZZ”}]