AAMP: Implikasies vir natuurlikehulpbronbestuur
[{“type”:”text”,”content”:”Die proses tot die daarstelling van die AAMP het in 2019 begin. Agri SA het, in samewerking met ander landbou-organisasies, aktief aan die proses deelgeneem. nnOnderhandelinge het afgeskop te midde van erge politieke onstuimigheid binne die regerende ANC-party, asook die breu00eb Suid-Afrikaanse samelewing. Die nalatenskap van voormalige president Jacob Zuma se administrasie ten opsigte van radikale ekonomiese transformasie (RET) en die omstredenheid rakende die voorgestelde wysiging van die Grondwet ten opsigte van onteiening sonder vergoeding, was aan die orde van die dag. Minister Thoko Didiza, hoewel meer as u2018n dekade vantevore u2018n minister van landbou en grondsake onder die Mbeki-administrasie, is toe pas aangestel in u2018n nuut-hervormde departement van landbou. Diu00e9 departement sou ook voortaan verantwoordelikheid neem vir grondhervorming en landelike ontwikkeling. nnDie spanning in die Suid-Afrikaanse samelewing ten opsigte van kwessies soos besit en eienaarskap van grond en water, en die daarstelling van u2018n meer inklusiewe (tans oorwegend blanke) kommersiu00eble landbousektor, bly steeds van die sektor se grootste uitdagings. Daarbenewens is enige regeringsbeplanning-inisiatiewe geneig om die fokus te plaas op die regering (maar u00f3u00f3k die privaatsektor) se tekortkominge wat die strewe na u2018n meer veilige, vooruitstrewende, stabiele, inklusiewe en regverdige samelewing betref.nnTeen diu00e9 agtergrond en al groter-wordende verdeeldheid binne die Suid-Afrikaanse samelewing en agterdog waarmee belangegroepe die proses benader het, was die proses vanuit die staanspoor uitdagend vir alle rolspelers wat daaraan sou deelneem. nn#### KerndoelwittennOm enigsins tot u2018n vergelyk te kan kom waar deelnemers aan u2018n onderhandelingsproses (selfs bykans 30 jaar nadat Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing in 1994 plaasgevind het) met bykans onversoenbare vertrekpunte na u2018n onderhandelingstafel kom, is geen maklike taak nie. Tu00f3g kon deelnemende partye daarin slaag om ooreen te stem op sekere kerndoelwitte ten opsigte van die landbousektor se toekoms. Die AAMP verwoord dit soos volg:nn* Die verhoging van voedselsekerheid;n* Bevordering van volhoubare transformasie;n* Verbetering van toegang tot plaaslike en uitvoermarkte;n* Verbetering van mededingendheid en entrepreneurskapsgeleenthede;n* Die skep van u2018n doeltreffende landbou-ondersteuningstelsel en landbouverwerkings-aansporings;n* Die skep van ordentlike, groeiende en inklusiewe indiensneming;n* Verbetering van die veiligheid van die boerderygemeenskap;n* u2018n Daarstelling van u2018n bekwame staat en bemagtigende beleidsomgewing; enn* Veerkragtigheid teen klimaatsverandering en volhoubare bestuur van natuurlike hulpbronne.”,”position”:0,”id”:”cfRZPbcaaj1y47bQ”}]