10 dinge wat almal self moet kan doen

Doen-dit-jouself, of DIY soos dit meer bekend is, is besig om ʼn verlore vaardigheid te word. Daar is verskeie redes waarom dit belangrik is om jouself bekend te maak met basiese vaardighede in en om die huis:
- Kostebesparing: as jy dit self kan doen, vermy jy die uitroep- en arbeidsfooie van professionele diensteverskaffers. Jy gaan dit dalk nie die eerste keer perfek regkry nie, maar met die regte gereedskap en oefening sal jy dit baasraak.
- Waardevolle vaardigheid: DIY-vaardighede kan in verskillende areas van jou lewe handig te pas kom en bevorder selfstandigheid.
- ʼn Mooi tuiste: As jy die vaardighede onder die knie het, beteken dit dat jy mooi toebehore vir jou huis kan aanskaf en dit self aanbring. Jy kan ook krakies in die muur of verf wat afskilfer self vinnig regmaak sodat jou huis altyd netjies lyk.
- Oefening: Glo dit of nie, maar DIY-projekte kan jou hartklop opstoot en ʼn goeie – en bevredigende – bron van oefening wees. Baie mense vind dit ook terapeuties en gebruik dit as ʼn manier om spanning te verlig.
- Persoonlike bevrediging: Min dinge is so lekker as om ʼn DIY-taak suksesvol af te handel – dit laat jou goed en trots voel op jouself.
Wat is die basiese DIY-vaardighede wat almal moet hê?
- Hoe om ʼn kragprop te bedraad
- Hoe om ʼn ligskakelaar te bedraad
- Hoe om ʼn kamer uit te verf
- Hoe om ʼn lekkende kraan reg te maak
- Hoe om ʼn gloeilamp te ruil
- Hoe om ʼn elektriese boor te gebruik
- Hoe om ʼn waterpas te gebruik
- Hoe om ʼn bad te herseël
Die internet, en veral YouTube, is vol waardevolle wenke en stap-vir-stap video’s om jou sommer vinnig iets te laat baasraak wat jy nog nooit voorheen probeer het nie.
Om jou te help in jou DIY-projekte, is hier vyf belangrike items wat jy in jou gereedskapkis moet hê:
- ʼn Draadlose boor
- ʼn Sirkelsaag (circular saw)
- ʼn Figuursaag (jigsaw)
- ʼn Spykergeweer (nail gun)
- ʼn Palmskuurmasjien (palm sander)
Begin met ʼn paar kleiner, eenvoudiger projekte en voor jy weet, is jy die meester van DIY!
*Bronne:
- hisforhomeblog.com
- parkersproperties.co.uk