Romerige biltong-patee
Posted On July 30, 2025
0
Dit is weer rugbyseisoen! Hierdie maklike, vinnige resep deur Ness & Anne gee jou halftyd-happies ʼn Suid-Afrikaanse geur.
Bestandele:
- 100 – 150g biltong, gerasper of fyn gekap
- 1 x 230g houer gladde, gewone roomkaas
- 100ml room (gebruik meer as die mengsel te styf is)
- 15ml Worcestershire-sous
- Vars, gekapte pietersielie vir garnering
Aanwysings:
- Plaas al die bestanddele in ʼn voedselverwerker vir ʼn paar sekondes tot goed gemeng.
- Jy kan dit ook goed met die hand meng.
- Skep in die regte grootte bak en garneer met pietersielie en ʼn bietjie gekapte biltong
- Bedien met soutbeskuitjies, melba-roosterbrood of varsgebakte brood.

*Bron: Ness & Anne/Facebook





