Melktert-malvapoeding
Hooffoto: Kitty Spiller/ www.withlovekitty.com
Melktert-malvapoeding
Kombineer hierdie jaar twee van Suid-Afrika se gunstelinge om jou Kersfees-besoekers te beïndruk. Kitty Spiller van Johannesburg deel dié resep op With Love Kitty.
Bestanddele:
Malvapoeding:
- 200 g wit suiker
- 2 ekstra groot eiers
- 1 t vanielje-aftreksel
- 3 e witasyn
- 2 e appelkooskonfyt
- 240 g bruismeel (self-raising flour)
- ½ t sout
- 480 ml volroommelk
- 2 t koeksoda
Malvapoedingsous:
- 120 g ongesoute botter
- 100 g suiker
- 120 ml kookwater
- 200 ml ingedampte melk (evaporated milk)
Melktert:
- 900 ml volroommelk
- 385 g kondensmelk
- 1 kaneelstokkie
- 3 ekstra groot eiergele
- 4 e meelblom (Maizena)
- 2 e botter
- Kaneel vir oorstrooi
Instruksies:
Malvapoeding:
- Voorverhit oond op 180°C en smeer ‘n oondvaste bak met botter
- Klits die eiers en suiker saam op medium-hoë spoed tot die mengsel lig en bleek is
- Voeg die appelkooskonfyt, vanielje en asyn by die mengsel en klits tot gemeng
- Sif die meel en sout saam en voeg stadig by die eiermengsel (klits op lae spoed). Skraap die bak se kante skoon om klonte te vermy.
- Meng die melk en koeksoda saam in ‘n beker. Gooi by die mengsel terwyl jy klits. Klits tot die deeg glad en klontevry is.
- Gooi die deeg in die voorbereide oondbak en bak vir ongeveer 45 minute of tot goudbruin en ‘n toetsstokkie skoon uitkom.
Malvapoedingsous:
- Meng die water, suiker, ingedampte melk en botter in ‘n klein pot oor medium hitte. Laat die mengsel liggies prut en laat die suiker en botter toe om te smelt.
- Sodra die suiker en botter gesmelt is, gooi die sous stadig oor die poeding sodra dit uit die oond kom.
- Plaas die poeding eenkant om tot kamertemperatuur af te koel.
Melktert:
- Gooi die kondensmelk, melk en kaneelstokkie in ‘n medium-grootte pot oor medium hitte. Verhit tot dit amper kook.
- Klits die eiergele en meelblom tot net goed gemeng.
- Voeg stadig die warm melkmengsel stadig in ‘n bestendige stroom by die eiergeelmengsel terwyl jy deurlopend klits, tot al die melk bygevoeg is. Gooi die mengsel in ‘n skoon pot oor medium hitte.
- Klits deurlopend tot die vla verdik en die agterkant van ‘n houtlepel bedek. Sodra dit verdig het, verwyder van hitte en klits die botter in.
Gooi die melktertvulsel oor die afgekoelde malvapoedingbasis en smeer glad met ‘n skraper. Bedek die bak met kleefplastiek en druk saggies af tot dit aan die melktertvla raak. Plaas in die yskas vir 6 ure om te stol.
Sodra dit gestol het, strooi kaneelsuiker oor, sny, en geniet!
*Bron: https://www.withlovekitty.com/milk-tart-malva-pudding/








