Koringmeel kraai koning

Ons voorheen in Kommuniek gesels oor een van die produkte onder die Farm Foods-vaandel, Top White-mieliemeel. In hierdie uitgawe reis ons suid, van Christiana na Modderrivier, waar Farm Foods se koringmeule en fabriek geleë is.
In Suid-Afrika, waar die bak-en-brou-tradisie diep gewortel is, is hoë kwaliteit meel noodsaaklik vir ʼn verskeidenheid kulinêre lekkernye, van brood en gebak tot tradisionele koeke en beskuitjies. Die Farm Foods-handelsmerk verdien toenemend ʼn goeie reputasie in die Suid-Afrikaanse meelmandjie vir sy verbintenis tot gehalte en volhoubare praktyke.
Die land se graanbedryf is ʼn belangrike sektor, en Farm Foods is trots om koring van plaaslike boere te bekom wat volhoubare boerderypraktyke toepas. Dit ondersteun nie net die plaaslike ekonomie nie, maar verseker ook dat die meel wat geproduseer word van uitstekende gehalte is, wat aan plaaslike en internasionale standaarde voldoen.
Die reeks koringmeel sluit witbrood-, bruinbrood- en koekmeel in, in verpakkings van 1kg tot 50kg. Die vervaardiging hiervan is geskoei op gehaltebeer, akkurate inligting en wêreldklas tegnologie, om uiteindelik meel van konsekwente hoë kwaliteit te lewer.
Die waarde van die produk strek egter wyer as net die gehalte daarvan. Volhoubaarheid is ʼn belangrike fokus, en die maatskappy neem verskeie stappe om te verseker dat sy produksieprosesse omgewingsverantwoordelik is. Van die vermindering van afval tydens die maalproses tot die versekering van energie-doeltreffende produksie, het die maatskappy vooruitgang gemaak om sy koolstofvoetspoor te verminder.
Farm Foods bou ook sterk bande met plaaslike gemeenskappe, van die produsente wat die rou produk verbou, tot die plattelandse gemeenskappe wat voordeel trek uit werkskepping.
Niks wen die reuk van tuisgebakte brood nie. Vir jou volgende baksel, maak seker om jou meetkoppie in Farm Foods se meel te druk.