John Deere 9-reeks: Dié bielie staan gereed vir werk
Die 9-reeks is die grootste, kragtigste en mees veelsydige trekker in die John Deere-stal. Hierdie hoë-kilowatt trekker is in drie uitlegte (configurations) beskikbaar – gewone bande, tweespoor 9RT en vierspoor 9RX. Die enjin is stiller, benodig minder onderhoud en het ʼn beter sleepvermoë teenoor sy voorgangers. Hierdie verbeteringe stel die produsent in staat om meer hektare teen minder tyd te bewerk.
Watter kraglewering het die 9-reeks?
Die 9-reeks begin met 390 perdekrag en sy verrigtingssyfers klim tot 590 perdekrag, met die nuwe beproefde 13,6L-dieselenjin. Die swaargewig in die reeks is die kragtige 640 perdekrag trekker, wat gebruik maak van ʼn John Deere-dieselenjin.
Die kragtige 9R is gereed om enige werk op jou plaas te doen.
Luukse kajuitopsies
Die nuwe 2023 9-reeks bied ʼn groter en opgedateerde kajuit. Meer pakplek, ekstra USB-poorte, bluetooth-verbinding en ʼn algehele verbetering in operateurgemak. Lang ure in die 9-reeks sal voel of jy ʼn luukse motor bestuur, eerder as ʼn enorme trekker. Die kajuit het ʼn groot raakskerm, is slimfoon-gereed en produsente kan kies tussen Select, Premium of Ultimate-kajuitopsies. Bykomende luukshede sluit gemaklike voetstutte, ʼn yskas en selfs ʼn verhitte bestuurderstoel in.
Vernaamste verskille teenoor die vorige 9R-reeks
- ʼn Nuwe hidroliese waaier vervang die vorige Vari-Cool-waaier.
- HPCR (High Pressure Common Rail)-brandstofinspuiting vervang die vorige elektroniese inspuitingseenheid.
- ʼn Nuwe reeks kombinasiesensors word gebruik waar moontlik – dit verminder die hoeveelheid totale sensors, drade en verbindings.
- ʼn Nuwe modulêre bedradingsharnas word ook ingesluit, wat toeganklikheid verbeter.
- ʼn Nuwe, kragtige enjin-rem (slegs beskikbaar by modelle bo 540 perdekrag) stel operateurs in staat om die enjin te gebruik om beheer oor die trekker en implement se spoed te neem. Dit verminder slytasie op die dryfstelsel se remkomponente.
Wat sê huidige kliënte?
Stefan Cornelius: Cornelius Boerdery (Prieska- en Douglas-distrik)
Ek verkies die 9R omdat die trekker die vermoë het om ons hektare vinnig en tydig te bewerk. Die 9R stel ons in staat om diep bewerkings doeltreffend en akkuraat uit te voer, terwyl ons uitstekende dieselverbruik geniet. Groter implemente werk net meer doeltreffend en kan optimaal ingespan word in samewerking met die 9R. Ons gebruik die 9R tydens graanproduksie, waar ons onder meer voorbereiding van nuwe lusern-, koring-, mielie-, sojaboon- en kanola-lande doen.
Hannes Bruwer: Genade Boerdery (Hopetown)
Die 9R is ʼn goed-gebalanseerde, veeldoelige trekker. Sy operateursvriendelike uitleg is ʼn groot pluspunt op die plaas. Gert Pienaar (Hopetown Meganisasie) het die keuse van die 9R vir my vergemaklik. Die trekker se gewig help met minder wielglip teenoor die 8R en sy brandstofverbruik is kompeterend. Ek gebruik hom meestal vir primêre bewerkings en selfs in die somer om my Orthman te trek. John Deere bied vir ons betroubaarheid en ons sal nie sonder ons 9R kan klaarkom op die plaas nie. Ek beveel hom met die grootste vrymoedigheid aan bure en mede-boere aan omdat hy so effektief en taai is.
Ryno Verster: Potlachi Familie Trust (Luckhoff)
Dit is ʼn trekker in sy eie klas. Ons het spesifiek iets gesoek wat aan ons vereistes (spore) kon voldoen. Die wielglip was te veel op ons gronde en daarom was die spooropsie van die 9R ideaal vir ons boerdery. Die hoofdoel waarvoor die 9R gebruik word, is vir mielies. Met minder trekkers en personeel kan die 9R ʼn groter oppervlak bewerk teenoor ander kleiner trekkers. Die John Deere Implement Guidance en die 9R werk uitstekend saam en beïndruk ons keer op keer wanneer dit gebruik word.
Die 9R-reeks bied drie verskillende modelle om by jou besigheid se behoeftes in te pas.
Uitstaande kenmerke van die nuwe 9R-reeks
Enjin verbeteringe vanaf die vorige 13,5L:
- 14% meer krag en 11% meer wringkrag
- 3% beter brandstofverbruik en 27% verbetering in herstelbaarheid
- 50% minder enjingeraas en ook 10% ligter teenoor die vorige 13,5L
Hidroulika
- Intelligent Power Management-sisteem (IPM)
- Beskikbaar op die 9RT 590 en 9R/9RX 590 en 640-modelle
- Bykomende 18,2 tot 37,6 kW versterking wanneer hoë hidroliese behoefte benodig word
- 8 SVC-bank opsie beskikbaar
Vering
- Drie veringsopsies beskikbaar: 9R HydraCushion, 9RT AirCushion en 9RX kajuitvering
Ratkas
- E18-ratkas: Bied 18 ratte na vore en 6 na agter met die verstellingkeuse van outomaties, aangepasde of handwisseling
Kajuit
- Wyer ingang en 7,62 cm vergroting in die kajuithoogte teenoor die vorige model
- Drie maal die sigbaarheid vanuit die kajuit en ʼn rits kajuitpakket-opsies beskikbaar
- LED-werkligte beskikbaar met hoër lumen-uitset en ʼn volle 360-grade beligting
Tegnologie
- Geïntegreerde SF7000-ontvanger en die nuwe Generasie-5 skerm
- JDLink vir masjienmonitering, datawisselling tussen masjiene in die veld asook die Operations Center aanlyn platform
Doen gerus navraag by jou naaste GWK Meganisasie-tak oor enige John Deere produk.
Koos Maritz: 071 421 2758 (Prieska)
Ronald Cawood: 066 272 6772 (Hopetown)
Andre (Vos) Botha: 071 680 2796 (Douglas)
Barnaby Brinkworth: 066 096 9964 (Upington)
Tinus Oosthuizen: 082 804 0430 (Luckhoff)
Willie Serfontein: 084 588 2016 (Barkly-Wes, Kimberley en Modderrivier)