Hoender lekker genoeg vir ʼn verloofring
Posted On September 29, 2025
0
Sê nou maar van sosiale media wat jy wil, die resep-juwele is oneindig. Een so ʼn resep is die gewilde marry me-hoender, wat glo só lekker is, dat jy dadelik gevra sal word om te trou as jy dit voorsit. Hierdie weergawe van Delish is maklik, vinnig en lekker.
Bestanddele:
- 3 eetlepels olyfolie, verdeel
- 4 ontbeende hoenderborsies, vel verwyder
- Sout
- Varsgemaalde swartpeper
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- 1 eetlepel vars tiemieblare
- 1 teelepel rooipepervlokkies
- ¾ koppie lae-sodium hoenderaftreksel
- ½ koppie songedroogde tamaties, gekap
- ½ koppie room
- ¼ koppie fyn gerasperde Parmesaan
- Vars basiliekruidblare vir opdien

Aanwysings:
- Voorverhit die oond op 190°C. Verhit een eetlepel olie in ʼn groot, oondvaste pan oor medium hitte. Geur die hoender mildelik met sout en peper en braai in die pan tot goudbruin – ongeveer 5 minute per kant. Plaas die gebraaide hoender in ʼn bord.
- In dieselfde pan, verhit die twee oorblywende eetlepels olie oor medium hitte. Roer die knoffel, tiemie en rooipepervlokkies by. Braai tot geurig – ongeveer 1 minuut. Roer die aftreksel, tamaties, room en Parmesaan by; geur met sout. Laat prut en plaas hoender (en enige vloeistof wat uit die hoender gekom het) terug in die pan.
- Plaas die pan in die oond. Bak die hoender tot deurgaar – die vloeistof moet deurskynend wees as die hoender met ʼn mes geprik word – ongeveer 10 – 12 minute.
- Rangskik op ʼn bord. Skep die sous oor. Garneer met basiliekruid.
Wenke:
- Pasta is ʼn goeie keuse om saam met die hoender te bedien.
- Baba-spinasie kan by die roomsous gevoeg word vir bykomende geur.
*Bron en foto’s: delish.com








