GWK Welvaart – Bekostigbaarheid van jou versekeringspremies
Premieverhogings jaar op jaar is ʼn realiteit en het ʼn invloed op elkeen se kontantvloei. Dis ʼn onvermydelike deel van die korttermynversekeringsbedryf. Inflasie, stygende herstelkoste, natuurrampe en toenemende risiko-eise, dryf versekeraars se pryse op. Kliënte reageer gewoonlik negatief op hierdie verhogings.
Prysoorloë vorm verbruikersgedrag. Hoewel baie versekeringsprodukte soortgelyke voordele bied, moet daar altyd seker gemaak word die risiko in jou besigheid is aangespreek. Die algemene gewaarwording is dat GWK Welvaart se kliënte premie-sensitief bly en dat daar dekking ingeboet word om laer, meer bekostigbare premies te betaal. Dit is altyd nodig om risiko-verminderde praktyke deel te maak van jou besigheid om sodoende te verseker dat wanneer daar ʼn eis ontstaan, jy nie teleurgesteld staan wanneer jy minder uitkry as jou verwagte eisbedrag nie. Dit bly egter krities belangrik dat jy reg verseker is om ongelukkigheid uit te skakel wanneer ʼn onvoorsiene eis teen jou korttermynversekeringspolis ingestel word.
Kliëntegedrag by premieverhogings wissel van lojaliteit tot kansellasie, afhangend van hoe die versekeraar die waarde en billikheid van die polis ervaar. Daarom is proaktiewe advies wat jy van jou makelaar ontvang, wat negatiewe reaksies versag en kliënte se vertroue behou, so belangrik.
Tipiese patrone wat ons ervaar van ons kliënte:
- Vergelykings tussen versekeraars: kliënte bly nie meer lojaal aan ʼn versekeraar nie en begin pryse aktief vergelyk tussen versekeraars.
- Dekking word ingeboet: verwyder sekere items of verhoog bybetalings, eerder as om te kanselleer.
- Polisse word gekanselleer: ʼn klein maar beduidende persentasie kliënte kanselleer hul polis.
- Kliënte-ontevredenheid: premieverhogings word dikwels ervaar as onregverdig, veral as die kliënt geen eise ingedien het nie.
- Lojaliteit van kliënte: kliënte bly lojaal en aanvaar verhogings as deel van risiko-oordrag, mits kommunikasie deursigtig is.
Drywers van kliënte se gedrag:
- Waar kliënte nie die waarde van hul dekking sien nie, word premieverhogings as buitensporig ervaar.
- Is dit billik dat my premie styg en ek het geen eise gehad nie? Premies groei jaar op jaar met inflasie; faktore soos risiko-aptyt van die versekeraars het ook ʼn invloed op premies.
- Vertroue in die adviseur: waar makelaars toegelaat word om die verhoging en markkonteks te verduidelik, is kliënte meer geneig om premieverhogings te aanvaar.
- In moeilike ekonomiese tye word versekeringspremies vinnig as ʼn besparingspunt gesien.
Ons adviseurs by GWK Welvaart wil graag geken word aan die volgende:
- Proaktiewe kommunikasie: dat ons premieverhogings intyds verduidelik in die lig van inflasie, vervangingswaardes, klimaatsrisiko’s.
- Verskillende opsies word gebied, wat bybetalings, vergelykings, bundeling van polisse, ens. insluit.
- Waarde word beklemtoon eerder as fokus op die premieverhoging.
- Vergelykings word verantwoordelik getref: wys verskille in dekking en risiko uit waar ʼn ander versekeringskwotasie goedkoper is.
Ons nooi jou uit om ons adviseurs, elkeen verbind tot uitstekende diens, te skakel vir persoonlike kwotasies en pasgemaakte oplossings.
*Hooffoto: Unsplash








