Helder jou huis op – sélf!
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_16-802x640.jpg)
As die lente aanbreek, kan jy gereed wees met ʼn huis wat lyk soos nuut deur net ʼn paar klein veranderinge aan te bring. Hier is idees.
KOMBUIS
Vleklose staal-plakpapier: As die toebehore in jou kombuis steeds goed werk, maar afgeleef lyk, kan jy nuwe lewe in hulle blaas met plakpapier wat ʼn vleklose-staal-voorkoms het.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_1-1024x680.jpg)
www.cravingsomecreativity.com
Bont plakpapier: Gebruik plakpapier met helder kleure en patrone in klein spasies om die kombuis vrolik en verwelkomend te laat lyk.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_2.png)
www.curbly.com
Groei jou eie kruie: Kruiesaad of -plantjies in ʼn goedkoop houtboks of interessante houers sal die wêreld se verskil maak in ʼn andersins vaal kombuis.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_3.jpg)
www.pinterest.com
LEEFAREA
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_4-1024x768.jpeg)
www.apartmenttherapy.com
Foto-muur: Haal al die foto’s van die muur af en herrangskik dit. Laat druk nuwe gesinsfoto’s – die kinders is nie meer twee jaar oud nie!
Ligskakelaars: ʼn Klein verandering maak ʼn groot verskil. Vervang ligskakelaar-bedekkings met unieke bedekkings wat ʼn stelling maak.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_5-1024x683.jpg)
www.thespruce.com
Herrangskik jou boekrak: Gebruik die boeke se kleur om ʼn patroon te vorm, of trek vir ou boeke kleurvolle nuwe papier oor. Verf die muur agter die boekrak.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_6-760x1024.jpg)
www.hearstapps.com
Gee nuwe lewe aan ʼn kaggel: Verf die bakstene, kry ʼn mooi houer vir houtstompe en skaf ʼn nuwe stel kaggel-toebehore aan.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_7.jpg)
www.lovelyetc.com
SLAAPKAMER
Verf ʼn meubelstuk: Gebruik ʼn helder kleur emaljeverf om ʼn ou, afgeleefde meubelstuk waaraan jy geen sentiment het nie, oor te verf.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_8.jpg)
www.pinterest.com
Steek weg: Verbloem die spasies waaraan jy niks kan doen nie met die hulp van ʼn kamer-versperring.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_9.jpg)
www.diy.com
Deurknoppe: Vervang deurknoppe en -handvatsels van kamerdeure en kasdeure om sommer vinnig vertrekke vars te laat lyk.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_10-1024x484.jpg)
www.reliablestore.co.za
Verf die plafon: As jy onseker is of jy die hele kamer moet oorverf, oorweeg dit om net die plafon te verf met ʼn kalmerende, maar unieke, kleur.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_11-1024x683.jpg)
www.realsimple.com
Beligting: Een moderne staanlamp of kandelaar kan die gevoel van ʼn hele vertrek beïnvloed. Deur die regte gloeilamp te kies, kan jy verseker dat jou kamer altyd sagte, warm lig het.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_12.jpg)
www.bhg.com
BADKAMER
Vervang die stortkoppe: ʼn Fênsie stortkop maak ʼn groot verskil en is baie eenvoudig om aan te bring. Doen vooraf navorsing oor wat presies jy wil hê.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_13.jpg)
www.bhg.com
Teëls: ʼn Vinnige skoonmaak tussen badkamerteëls kan jou laat voel of jy ʼn splinternuwe badkamer gebou het. Gebruik ʼn stoomskoonmaker hiervoor, en vervang die sement waar dit al tussen teëls verweer het.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_14.jpg)
www.karcher.com
Spieël: Koop ʼn spieël wat uitstaan as jou badkamerspasie jou nie toelaat om groot veranderinge te maak nie.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_15-1024x683.jpg)
www.bobvila.com
Nuwe matjies: Gooi weg die ou, deurgetrapte badmatjies en vervang hulle met nuwes.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_16-756x1024.jpg)
www.simons.ca
Wasgoedmandjie: Iets so eenvoudig soos ʼn nuwe wasgoedmandjie sal ʼn badkamer van afgeleef na nuut verander.
![](https://www.ecne.co.za/wp-content/uploads/2023/08/19.-Leefstyl_17.jpg)
www.takealot.com
*Bronne: