Heerlike herderspastei
Posted On July 7, 2023
0
633 Views

In Engels word daar onderskei tussen ʼn shepherd’s pie, wat met lamsvleis gemaak word, en ʼn cottage pie, waarvoor beesvleis gebruik word. In Afrikaans word daar na albei as herderspastei verwys, hoewel die beesvleis-weergawe soms ʼn “boerepastei” genoem word. Hierdie resep, met beesmaalvleis, sal egter enige koue aand warmer maak, wat ook al jy die dis wil noem! Jy kan 10 mense voer met dié geurige resep.
Bestanddele:
- 3 e olyfolie
- 1 ¼ kg beesmaalvleis
- 2 uie, fyn gekap
- 3 wortels, gekap
- 3 selderystingels, gekap
- 2 knoffelhuisies, fyn gekap
- 3 e meel
- 1 e tamatiepuree
- 1 groot glas rooiwyn (opsioneel)
- 850 ml biefaftreksel
- 4 e Worcestershire-sous
- ʼn paar takkies vars tiemie
- 2 lourierblare
Vir die kapokaartappels:
- 1,8 kg aartappels
- 225 ml melk
- 25 g botter
- 200 g skerp cheddar, gerasper
- ʼn knippie neutmuskaat
Aanwysings:
- Stap 1: Verhit 1 eetlepel olyfolie in ʼn groot braaipan en braai die maalvleis tot brein (braai in sarsies indien nodig). Plaas eenkant.
- Stap 2: Gooi die res van die olyfolie in die pan, voeg die uie, wortels en seldery by en braai op ʼn lae hitte vir ongevee 20 minute.
- Stap 3: Voeg die knoffel, meel en tamatiepuree by, verhoog die hitte en braai vir ʼn paar minute. Voeg die gebraaide maalvleis by.
- Stap 4: Voeg die wyn by (indien verkies) en laat kook tot dit effens verminder het. Voeg die biefaftreksel, Worcestershire-sous, tiemie en lourierblare by.
- Stap 5: Laat prut onbedek vir 45 minute. Die sous behoort nou verdik te wees. Kyk hoe die mengsel lyk ná 30 minute en verhoog die hitte as daar steeds baie vloeistof teenwoordig is. Geur goed en haal die tiemie en lourierblare uit.
- Stap 6: Maak intussen die kapokaartappels. Bedek die geskilde, opgesnyde aartappels in koue, gesoute water en laat kook tot sag.
- Stap 7: Dreineer goed, en laat dit effens stoomdroog vir ʼn paar minute. Druk fyn saam met die melk, botter en driekwart van die kaas. Geur met neutmuskaat en sout en peper.
- Stap 8: Skep die vleis in twee oondvaste bakke. Skep die aartappels bo-oor tot bedek. Strooi die orige kaas oor.
- Stap 9: Verhit die oond tot 220˚ C en bak vir 25 tot 30 minute, of tot die aartappels goudbruin aan die bokant is.
*Bron: bbcgoodfood.com