Landzicht-wyn van die maand: Winemaker’s Reserve Meritage Red
As dit by wyn kom, is ʼn goeie versnit altyd iets om na uit te sien. Jy kry eintlik meer ‘waarde vir jou geld’, want jou palet word gevul met meer as een kultivar se smaak en geur. Landzicht se Winemaker’s Reserve Meritage Red is een só ʼn produk waarmee jy by jou vriende en familie kan spog as jy die kurk trek.
Hierdie wyn is ʼn versnit van Cabernet Sauvignon, Merlot en Petit Verdot. Elkeen op sy eie is reeds heerlik, voeg hulle saam en jy kry iets buitengewoon. Die bottel se blou kerswas verklap ook die geheim dat hierdie ʼn spesiale wyn is. Meritage-versnitte word wêreldwyd as edel beskou en word gemaak van Bordeaux-druifvariëteite.
Red Meritage-wyne was histories een van die wêreld se wyne wat die hoogste aangeslaan word. Hulle word geprys vir hul gladde, volronde tekstuur en komplekse, robuuste struktuur. Hoewel hulle pragtig verouder − dikwels vir dekades lank − is die meeste ook baie drinkbaar in hul jonger jare.
Watter disse kan saam met Winemaker’s Reserve Meritage Red geniet word?
Natuurlik is enige rooivleis-disse welkom saam met ʼn glasie Meritage Red. ʼn Heerlike stuk Noord-Kaapse wildsvleis, brandrissie-disse, hamburgers, romerige pasta met sampioene en selfs hoender komplementeer hierdie swaargewig rooi.
Smaak kenmerke sluit in:
- Vanielje
- Swartbessies
- Kersies
- Pruime
- Tabak en leeragtige reuke
Die koue Noord-Kaapse winter is nou reeds in volle swang. Steek die kaggel aan, maak ʼn groot braaivleisvuur en bederf jou gaste met ʼn uitstaande bottel Landzicht Winemaker’s Reserve Meritage Red.
Vind Landzicht hier:
- Webwerf
Besoek die kelder in Douglas, of skakel direk met hulle by 053 298 8314 of wynkelder@gwk.co.za vir meer inligting.
Deur Frans le Roux