Sjokoladekoek
Posted On March 28, 2025
0

Vir die soettand, hier is hy nou: ʼn Sjokoladekoek wat beskryf word as iets tussen ʼn koek, ʼn mousse en ʼn brownie.
Bestanddele:
- 227 g koekmeel
- 75 g kakaopoeier
- 7,5 ml bakpoeier
- 7,5 ml koeksoda
- 5 ml sout
- 500 ml suiker
- 2 eiers
- 250 ml melk
- 125 ml gewone olie
- 10 ml vanielje
- 250 ml kookwater met 10 ml opgeloste koffiepoeier
Versiersuiker:
- 65 g kakaopoeier, gesif
- 750 ml versiersuiker, gesif
- 80 – 85 ml melk
- 5 ml vanielje
- 120 g botter, gesmelt
Metode:
- Voorverhit die oond tot 180°C.
- Plaas bakpapier in twee koekpanne en spuit met kleefwerende sproei.
- Sif die meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ʼn mengbak.
- Klits die suiker by, gevolg deur die eiers, melk, olie, en laastens die opgeloste koffiepoeier. Die beslag lyk dun, maar dit is reg so.
- Verdeel die beslag tussen die koekpanne en bak vir 30 – 35 minute. Gebruik ʼn toetspen om te kyk of dit gaar is.
- Laat dit vir 10 minute in die panne afkoel en keer dan om op ʼn draadrak.
Versiersuiker:
- Klits die kakaopoeier saam met die gesmelte botter.
- Klits die versiersuiker en melk om die beurt saam. Voeg nog melk by indien nodig.
- Klits die vanielje by.
Sny ʼn lekker groot stuk – niemand tel kalorieë nie.
*Bron: https://marindakook.co.za/sjokoladekoek-ryk-nat-en-verskriklik-lekker/