Onkruid tot insekte: Protek kan help
As jou spasie oorgeneem word deur ongewenste gaste, is daar ’n gepaste Protek-produk om dit te beveg.
Onkruid
Neem onkruid jou tuin oor? Onkruid ding met tuinplante mee vir plek, water, voedingstowwe en lig, wat die gesondheid en produktiwiteit van jou tuinplante kan beïnvloed. Hulle lok ook plae en siektes, wat tuinonderhoud nóg moeiliker maak. Doeltreffende onkruidbeheer is noodsaaklik vir ‘n florerende tuin en gereelde ondersoek en die gebruik van ander maatreëls soos deklae, handuittrek of onkruiddoders sal onkruid in toom hou.
Protek Weed Destroyer is ‘n doeltreffende sistemiese, nie-selektiewe onkruiddoder wat onkruid en grasse beheer. Dit is aktief wanneer dit op die groen blare en groen bas van aktiefgroeiende onkruid toegedien word en teiken verskeie ongewenste plantegroei vir blywende resultate.
Protek Lawn Defender is ‘n gereed-vir-gebruik selektiewe onkruiddoder wat breëblaaronkruid teiken sonder om jou grasperk te beskadig en kan op ‘n wye verskeidenheid gevestigde grasperke en turf gebruik word.
Insekte
Insekte soos muskiete, vlieë, kakkerlakke, vlooie en spinnekoppe kan ‘n ergernis en selfs ‘n gesondheidsbedreiging in ons huise inhou waar hulle voedsel besoedel en siektes versprei. Om uitbrake te voorkom, is die gebruik van betroubare insekdoders en die handhawing van goeie higiëne noodsaaklik.
Protek Insect Destroyer is as ‘n gereed-vir-gebruik sowel as ’n konsentraat beskikbaar. Dit werk vinnig vir effektiewe beheer van verskeie kruipende en vlieënde insekte en kan beide binne en buite gebruik word. Die gekonsentreerde- sowel as die gereed-vir-gebruik-formulasies lewer langdurige resultate.
Insect Destroyer verskaf ‘n omvattende oplossing vir huishoudelike plaagbeheer. Met die gerief van ‘n gereed-vir-gebruik-spuitbottel en die kostebesparing van ‘n konsentraat, is dit ‘n noodsaaklike hulpmiddel om ‘n plaagvrye huis te handhaaf. Of jy nou met ‘n uitbraak te doen het of voorkomende maatreëls tref, Insect Destroyer bied vinnige, doeltreffende en betroubare resultate.
Protek Insect Spray Multi Insect Killer is ‘n doeltreffende aërosolsproei wat insekte onmiddellik uitklop. Dit verskaf breëspektrumbeheer teen algemene huishoudelike insekte. Dit is geformuleer om kruipende en vlieënde insekte soos kakkerlakke, miere, muskiete, vlieë en vlooie te teiken en dood te maak. Dit is ’n kontakdoder met ‘n nawerking na toediening wat behandelde areas vir ‘n lang tydperk beskerm. Insect Spray Multi Insect Killer-aërosol is maklik om toe te dien en gereed vir gebruik. Skud eenvoudig die blikkie en spuit direk op insekte of in hul wegkruipplekke soos krake en skeure.
Insect Spray Multi Insect Killer is ‘n betroubare keuse in die beheer en voorkoming van algemene huishoudelike insekuitbrake. Dit beskik oor ‘n onmiddellike uitklop en gekombineer met langdurige beskerming, kan jy met gemoedsrus weet dat jou huis teen siektedraende insekte beskerm is.
Protek Fumigation Tablets for Insects is ontwikkel om verskeie huishoudelike plae uit te wis. Hierdie tablette is maklik om te gebruik en bied langdurige beskerming teen bedgoggas, kakkerlakke, vlooie, vismotte, vlieë en muskiete. Dit is ‘n doeltreffende en gerieflike opsie om insekuitbrake binnenshuis aan te pak, versteekte plae uit te skakel en lewenssiklusse te ontwrig. Die versprei in die lug en en dring binne-in elke kraak, spleet en moeilik bereikbare area waar insekte wegkruip. Die tablette is gerieflik blisterverpak om lugkontak en toevallige ontbranding te voorkom, wat langdurige doeltreffendheid en betroubare prestasie verseker. Die langer tablette maak veilige aansteek moontlik sonder om jou vingers te brand.
Of jy nou te doen het met kakkerlakuitbrake in jou kombuis of bedgoggas in jou slaapkamer, Protek Fumigation Tablets for Insect werk vinnig en doeltreffend.
Protek se nuutste innovasies bied omvattende en doeltreffende beheer van huishoudelike insekte. Elke produk teiken ‘n wye reeks plae en bied ‘n oplossing vir elke behoefte. Opsies sluit in ‘n waarde-vir-geld-konsentraat, gerieflike gereed-vir-gebruik-spuitmiddel, vinnigwerkende aërosol en goed ontwerpte berokingstablette, wat betroubare beskerming en ‘n skoon, veilige omgewing vry van plae verseker.
Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947
LEES DIE ETIKET VOORDAT U DIE PRODUK GEBRUIK








