Mielies: Proefresultate vir 2024
Die beste mieliebasters van elke maatskappy per streek is weer vir die 2023/24-seisoen oor nege lokaliteite getoets. Die proewe se fokus is om produsente te voorsien van akkurate, wetenskaplike data wat onafhanklik gedoen word
Proeflokaliteite
Figuur 1 illustreer waar die proewe geplant is vir 2024.
Proefuitleg
Vir die rede dat daar met ʼn groot aantal proefinskrywings gewerk word, word slegs een baan van elke baster geplant. Daar word egter altyd van kontroles gebruik gemaak met die doel om regstellings te maak waar vlakker grond, hellings, ensovoorts ʼn onregverdige invloed op die prestasie van ʼn baster mag hê. Tabel 1 dien as ʼn voorbeeld van ʼn proefuitleg met die gebruik van kontroles. Die kontrolebaster is dieselfde baster wat die produsent kommersieel op die land plant.
Personeel van GWK het die proewe aangeplant en geoes, asook die data verwerk. Personeel van die saadmaatskappye kon ook die oesdae bywoon. Die normale produksiepraktyke van die produsent is gevolg. Alle persele, insluitend kontroles, word gestroop, geweeg en na 12.5% vog verwerk. In die geval waar daar >15% verskil tussen kontroles voorkom, word die data eers met die saadmaatskappye bespreek voordat dit beskikbaar gestel word.
Die volgende proewe moes eers tydens die datavergadering goedgekeur word:
- Prieska GM: Proef is goedgekeur maar toestande was nie optimaal.
- Jacobsdal: Goedgekeur. Die mielies was egter onder druk as gevolg van te veel hawerreste, wat ook ʼn stikstof-negatiewe periode kon veroorsaak het.
- Douglas Vaal vroeg: Slegs een probleemkontrole is uitgehaal.
Die aantal pitte per hektaar waarvoor gemik is, is voor die aanvang van die seisoen bespreek met die saadmaatskappye. Dit word aanbeveel dat produsente ook met hul saadagente skakel vir verdere advies omtrent die aantal pitte per hektaar vir optimum produksie.
Om interpretasie te vergemaklik, word elke baster se prestasie ook as ʼn indeks (% van proef) aangedui. ʼn Indeks van 100 beteken dat die baster dieselfde as die gemiddeld van die proef presteer het. ʼn Indeks van 107 beteken dus dat die baster 7% beter as die proefgemiddeld presteer het. ʼn Indeks van 92 beteken weer dat die baster 8% swakker as die proefgemiddeld presteer het.
Die voordeel vir produsente is dat GWK onafhanklik die evaluering doen, daarom kan vergelykings getref word met proefdata van die saadmaatskappye. Vir navrae kontak:
Pierre Ferreira
- Tel: 053 298 8375
- Sel: 082 904 4769
- E-pos: [email protected]
Bedankings
Maatskappye wat saad voorsien het asook hulp verleen het: Pannar, Pioneer, Bayer, Agricol en Limagrain. ʼn Spesiale woord van dank aan die produsente en GWK-landboukundiges vir hulp verleen.