Maklike mielietert

‘n Maklike en vinnige resep wat enige Suid-Afrikaanse gereg afrond.
Bestanddele:
· 1 blik (410 g) geroomde suikermielies
· ¼ koppie (56 g) botter, gesmelt
· 2 groot eiers, geklits
· ⅔ koppie bruismeel
· 1¼ koppie gerasperde cheddarkaas
Metode:
· Voorverhit die oond tot 180°C en spuit ‘n middelslag, vierkantige oondbak met kossproei.
· Klits die geroomde suikermielies, botter en eiers saam in ‘n mengbak.
· Sif die bruismeel by, voeg ‘n halwe koppie van die gerasperde kaas by en vou deur tot gemeng. Maak die bokant van die beslag glad met ‘n roerspaan of houtlepel.
· Sprinkel die oorblywende 3/4 koppie kaas oor.
· Bak vir 45-50 minute of tot ‘n toetspen wat in die middel gesteek is, skoon uitkom.
· Haal uit oond en laat vir 5 minute afkoel.
Bedien met varsgekapte pietersielie.
*Bron: foodiesofsa.com