Dubbele beskerming teen plae met Protek Nuvan Profi Fumigation Fogger en Alphathrin

Somer is die tyd van die jaar wanneer peste en plae verwoesting in jou huis en tuin saai. Maar moenie bevrees wees nie, Protek het ʼn volledige reeks produkte wat jou huis en tuin teen hierdie ongewenste gaste beskerm.
Alphathrin is ʼn sterk konsentrasie kontak- en maaginsekdoder vir die beheer van huishoudelike en publieke gesondheid insekplae soos miere, weeluise (bedluise), kakkerlakke, vismotte, vlooie, vlieë en muskiete. Dit is reukloos en vlekloos en kan om werksoppervlaktes en op mure, beddegoed, gordyne, ensovoorts gespuit word met ʼn lang nawerking. Alphathrin bevat ʼn sterk konsentrasie aktiewe bestanddeel: meng slegs 5 ml per liter water. Beskikbaar in 50 ml-, 100 ml-, 200 ml, 500 ml- en 1 liter-bottels.
Nuvan Profi Fumigation Fogger is ʼn ononderbroke vrystelling berokingsmiddel wat beteken dat, sodra die spuitkannetjie geaktiveer word, die plaagbeheermiddel binne minute sal uitspuit. Hierdie berokingsmiddel beheer vlieënde en kruipende insekte, asook plae wat in gestoorde produkte voorkom en sorg vir ʼn onmiddellike uitklop. ʼn 200 ml spuitkan dek tot 360 m³ terwyl die 330 ml spuitkan tot 600 m³ dek. Lees instruksies deeglik, maak vensters toe en ontruim jou huis vir ten minste 6 ure. Maak seker dat geen troeteldiere gedurende die 6 uur-periode toegang tot die huis het nie. Beskikbaar in 200 ml- en 330 ml-aerosolkannetjies.
Probleme met die siektedraende vlieë?
Die huisvlieg is nie net ʼn oorlas nie, dit kan ook skade aan mense en diere veroorsaak. Die huisvlieg is die mees algemene insekspesie en versprei ʼn aantal potensieel dodelike siektes soos maagkoors, salmonella, tuberkulose, konjunktivitis, melaatsheid en cholera, sowel as dermwurms en die bakterieë wat verantwoordelik is vir disenterie. Hulle voed en reproduseer op vullis, ontlasting en vrot vleis, en braak eers op jou kos voordat hulle voed.
Om die verspreiding van siektes wat deur vlieë veroorsaak word te stuit, gebruik Protek Nuvan Profi Fumigation Fogger in kombinasie met Protek Alphathrin, vir vinnige uitklop en ʼn lang nawerking.
Verban vlooie!
Troeteldiere is die ideale vervoermiddel van vlooie na jou huis. Om van vlooie ontslae te raak, kan ʼn moeilike proses wees en vereis roetine en geduld. Vlooie broei in warm, bedompige toestande en kom regdeur die jaar voor, maar is baie aktief gedurende die somer, veral ná reën. Die byt van ʼn vlooi is nie net ongemaklik nie, dit kan ook verskeie siektes veroorsaak, onder meer die gevreesde builepes.
Om die vlooiplaag behoorlik te bestry, behandel jou huis met Protek Nuvan Profi Fumigation Fogger tesame met Protek Alphathrin. Behandel daarna elke 2 weke met Alphathrin totdat die broeisiklus gebreek is. Hierdie kombinasie gee ʼn onmiddellike uitklop, asook ʼn lang nawerking. Onthou ook om jou grasperk teen vlooie te behandel totdat die broeisiklus gebreek is.
Stuit miere in hulle spore!
Miere word in die algemeen beskou as voordelige insekte in die tuin omdat hulle aasdiere en predatore is wat voed op die eiers, larwes en volwassenes van verskeie peste. Ongelukkig veroorsaak hulle groot skade wanneer hul getalle nie beheer word nie. Die klein swart miertjies wat in grasperke voorkom en skade veroorsaak, is dieselfde swart miertjies wat in jou suikerpot of hondekos is. Sommige mierspesies pamperlang ook plantluiskolonies om hulle te melk vir heuningdou. Die plantluiskolonies floreer wanneer hulle gereeld deur die miere gemelk word en op hulle beurt suig hulle weer die sap uit die plante wat die plant laat vrek.
Om van miere ontslae te raak, gebruik Protek Nuvan Profi Fumigation Fogger in kombinasie met Protek Alphathrin vir vinnige uitklop en ʼn lang nawerking.
Geen muskiete – geen problem
Someraande is die ideale tyd om in die buitelug te bestee, maar ongelukkig moet ons die ruimte met muskiete deel. Muskiete is berug daarvoor dat hulle siektes soos geelkoors, enkefalitis en malaria veroorsaak. Meeste van hierdie sterftes is as gevolg van malaria.
Om jouself teen muskietbyte en gepaardgaande oordraagbare siektes te beskerm en ʼn aaklige gejeuk te verhoed, doen beroep op die betroubare Protek Nuvan Profi Fumigation Fogger en Protek Alphathrin vir ʼn onmiddellike uitklop en lang nawerking.
Kakkerlakprobleem? Nie meer nie!
Kakkerlakke kom voor waar daar afval of voedsel is en is draers van ʼn verskeidenheid siektes, waarvan die verskillende vorms van gastro-enteritis (voedselvergiftiging, disenterie, diarree, ens.) die vernaamste is. Kakkerlakvelle, -karkasse en -mis vererger allergieë, veral in kinders en sensitiewe persone. Omdat kakkerlakke tipies naginsekte is, sal jy hulle heel waarskynlik nooit opmerk nie. Indien jy wel kakkerlakke deur die dag sien, beteken dit dat daar oorbevolking is, wat ernstige besmetting beteken.
Om die verspreiding van siektes wat deur kakkerlakke veroorsaak word te keer, gebruik Protek Nuvan Profi Fumigation Fogger in kombinasie met Protek Alphathrin vir vinnige uitklop en ʼn lang nawerking. Alphathrin moet elke 2 weke toegedien word totdat die lewensiklus van kakkerlakke gebreek is.
Hierdie is maar net ʼn paar algemene plaagspesies wat chaos in jou huis veroorsaak, maar met Protek Nuvan Profi Fumigation Fogger en Alphathrin aan jou sy, kan jy hierdie siektedraende plae vinnig in hulle spore stuit.
Geregistreer in terme van Wet 36 van 1947.
Alphathrin: L7850, alfa-sipermetrien (piretroïed) 100 g/l, WAARSKUWING, H302+H313 – kan skadelik wees indien ingesluk of in kontak met die vel, H332 – skadelik indien ingeasem, H336 – kan lomerigheid of duiseligheid veroorsaak, H373 – kan skade aanrig aan organe deur langdurige of herhaalde blootstelling, H400 – baie giftig vir waterlewe, H410 – baie giftig vir waterlewe met langdurige effekte, registrasiehouer: Arysta LifeScience South Africa (Pty) Ltd, maatskappyregistrasienommer: 2009/019713/07, 7 Sunbury Office Park, Off Douglas Saunders Drive, La Lucia, 4019, telefoonnommer: 031 514 5600
Nuvan Profi Fumigation Fogger: L1301, Dichlorvos (organosfaat) 124 g/kg, GEVAAR, H301 – giftig indien ingesluk, H311 – giftig in kontak met vel, H332 – skadelik indien ingeasem, H280 – bevat gas onder druk; kan ontplof as dit verhit word, H220 – uiters vlambare gas, H225 – hoogs vlambare vloeistof en damp, H319 – veroorsaak ernstige oogirritasie, H317 – kan ʼn allergiese velreaksie veroorsaak, H410 – baie giftig vir waterlewe met langdurige effekte. registrasiehouer: Avima (Edms) Bpk., maatskappyregistrasienommer: 1961/001744/07, Posbus 3131, Kenmare, 1745, telefoonnommer: 011 769 1300
Versprei deur: Protek, ʼn divisie van PE-BEE Agri (Edms.) Bpk., Posbus 72, Heidelberg,1438, telefoonnommer (011) 812-9800 of 0861 PROTEK (0861 77 68 35), www.protek.co.za