Confluence-bokswyn nét reg vir jou volgende braai
Die dae van geurlose, lae kwaliteit bokswyn is jare reeds iets van die verlede. Deesdae kry ʼn mens van die bekendste wynlandgoed wat hul wyne in bokse verkoop en elke wyndrinker behoort breed hieroor te glimlag.
Landzicht stel binnekort hul splinternuwe Confluence-bokswynreeks bekend en dit beoog om iets vir elke palet te verskaf. Bokswyn het in 1965 in Australië ontstaan en het die afgelope ses dekades van krag tot krag gegaan. Die voordele van bokswyn teenoor gewone bottels is dat bokswyn ligter is om te vervoer, makliker is om te verpak, minder breekbaar en vyf maal langer hou wanneer dit oopgemaak is.
Suid-Afrikaners is lief vir goeie wyn en Confluence se 3L-boks beloof om die beste pasmaat vir jou volgende avontuur te wees. Confluence rek jou rande en bied vir jou vier bottels hoë gehalte Noord-Kaapse wyn teen ʼn fraksie van die prys van glasbottels.
Wat sê Confluence se wynmaker, Sanmari Snyman?
Wat is die rede vir die Confluence-reeks? Ons het verskeie kliënte-navrae ontvang rakende die moontlikheid van bokswyn. Die mark is hierna ontleed en die besluit is geneem om Confluence te begin vervaardig.
Hoeveel produkte is daar? In ons 3L-verpakking is daar nou die volgende beskikbaar: Dry White, Dry Red, Natural Sweet White, Natural Sweet Rose en Natural Sweet Red. Die volgende wyne gaan binnekort in die 5L-verpakking beskikbaar wees: Natural Sweet White, Natural Sweet Rose en Natural Sweet Red.
Vanwaar kom die druiwe en waar word die produk gemaak?
Die druiwe is afkomstig van Prieska en Vaallus (buite Douglas) en word by die kelder in Douglas in sakke gesit.
Wie is Confluence se mark?
Die produk word hoofsaaklik nou net in Gauteng bemark. Dit is ʼn produk vir enige wyndrinker wat van ʼn lekker drinkwyn hou. Kyk uit vir die amptelike Noord-Kaapse bekendstelling wat binnekort sal plaasvind!
Is daar moontlikhede om die reeks uit te brei?
Daar bestaan nie nou enige sulke planne nie, maar die moontlikheid om ʼn sherry-tipe rooiwyn te ontwikkel, is wel reeds bespreek.
Besoek die kelder in Douglas, of skakel hulle direk by 053 298 8314 of [email protected] vir meer inligting.