Is jy verseker van jou inkomste?
Ons almal werk hard vir verskillende redes. Party van ons wil graag op ’n vroeë ouderdom aftree, ander wil graag ’n nalatenskap agterlaat en ander vir finansiële vryheid.
Dink jouself in: terwyl jy besig is in die kraal, land of kantoor gebeur dít wat ons almal vrees – jy doen ’n besering op en word ongeskik verklaar of gediagnoseer met ’n gevreesde siekte wat jou sal verhinder om in die toekoms jou werk te doen. Die drome en doelwitte waarvoor jy so hard gewerk het, flits by jou verby en in stede daarvan om in die aande wakker te lê en te fantaseer oor jou drome, lê jy wakker en wonder hoe die pad vorentoe lyk.
Dit is waarom ’n inkomstebeskermer so belangrik is. Indien jy nie meer jou beroep (tydelik of permanent) kan beoefen nie, sal jy ’n uitbetaling ontvang op grond van die versekerde bedrag en die tydperk wat jy nie jou beroep kan beoefen nie.
Kenmerke van ’n inkomstebeskermer
Die onderstaande is van die kenmerke van ’n inkomstebeskermer:
- Wagperiodes: ’n Wagperiode verteenwoordig die aantal dae wat moet verloop voordat jy sal kwalifiseer vir ’n eis.
- Verskillende tipes wagperiodes: Op grond van jou beroep en/of keuse kan jy tussen ’n 7 dag, 14 dag, 1 maand of 24 maande wagperiode kies.
- Siektevoordeel: Die voordeel sal aan jou uitbetaal vir 24 aaneenlopende maande.
- Permanente ongeskiktheidsvoordeel: Die voordeel sal aan jou uitbetaal tot die ouderdom van 65 of 70 ná die 24 maande verloop het of as jy ongeskik verklaar word.
Gereelde vrae
- Moet ek my volle salaris verseker? Nee, jy hoef nie jouself te verseker vir jou volle salaris nie, hoewel dit aanbeveel word in meeste gevalle.
- Word ek belas op die uitbetaling? Nee, jy word nie belas op die uitbetalings nie.
- Is daar ’n maksimum van hoeveel keer wat ek kan eis vir ’n spesifieke siektetoestand? Nee daar is nie ’n maksimum van aantal kere wat jy kan eis vir ’n spesifieke toestand nie.
’n Inkomstebeskermer is meer as net ’n produk om jou inkomste te beskerm, dit beskerm ook jou drome, idees en doelwitte.
Vir enige verdere inligting of vrae kontak gerus vir Jonan van den Bergh by 078 143 4004.
Let wel: Bogenoemde is nie finansiële advies nie en dien net as produkinligting.
*Hooffoto: Freepik








