Ekonomie: ʼn landbou-oorsig

GWK se landbou-ekomiese afdeling hou die tendense in die onlangse geskiedenis en nabye toekoms dop sodat ons produsente ingeligte besluite kan neem.
Graannuus
Tabel 1 toon die prysbewegings wat plaasgevind het in die graanmarkte.

Tabel 1 (Graan, 2024; CME Group, 2024)
Witmielies ervaar nog sterk ondersteuning oor min voorraad in Suider-Afrika en veral die groot vraag na die produk vanuit ons buurlande. Sonneblompryse kry ondersteuning oor stremmende klimaatsomstandighede in belangrike produksiegebiede in die ou Oosblok-lande in Europa.
Wêreldnuus
Die Amerikaanse departement van landbou het hulle WASDE -verslag gepubliseer op 12 Julie. Hulle voorspel die volgende veranderinge in graan- en oliesadevoorraad:
- Koringproduksie is opwaarts aangepas oor goeie klimaatstoestande in die Amerikaanse Midweste, en hoër produksies in Pakistan en Kanada.
- Growwe graanproduksie (mielies) is opwaarts aangepas met 1,2 miljoen ton, maar eindvoorraad vir 2023/2024 is minder gemaak.
- Sonneblomproduksie is afwaarts aangepas oor vroeë hitte in die suidooste van Europa, asook die Kaukasus gebied in Rusland; hierdie gebiede is groot sonneblomproduksie-areas.
(USDA, 2024)
Die Internasionale Montêre Fonds het ook in Julie hulle Wêreldekonomiese Uitkyk-verslag gepubliseer. Die wêreldekonomie se groei bly dieselfde soos voorspel is in April, op 3,2% in 2024 en 3,3% in 2025. In baie lande is die vooruitsig beter, soos byvoorbeeld die Euro-sone, wat lyk asof ekonomiese herstel op pad is te danke aan vebeteringe in die dienstesektor, en China wat beter nasionale verbruiksbesteding het.
Hoekom is dit vir ons belangrik? Baie van landbou se uitvoerprodukte gaan na dié areas en hoe meer geld beskikbaar is vir verbruikers in die areas, hoe meer vraag na produkte is daar. In die GWK-area is produkte wat na die areas gaan, soos pekanneute na China en wol na Europa.

Tabel 2: Globale ekonomiese groei
Tabel 2 toon die ekonomiese groei in wêreldlande. Vir Japan en die VSA is die groei afwaarts aangepas; swakker binnelandse vraag en verbruikersbesteding is die grootste faktore in albei lande.
Risiko’s bly nog hoog en ontluikende markte is bang om rentekoerse te verlaag aangesien valuta volitaliteit hoog is, die werêldmark is baie broos en oorreageer op enige nuus, negatief of positief. Dit lyk asof die water kalmeer maar verlore buffers moet opgebou word en strukture om ekonomieë teen die volgende eksogene skokke te beskerm. (IMF, 2024)
Plaaslike nuus
Landbourolspelers is positief oor die aanstelling van John Steenhuisen as minister van landbou. Landbouers hoop op dat Steenhuisen aan die stuur van dié portefeulje beter samewerking sal bewerkstellig en dat ideologiese geraas gelos sal word vir aksie. Steenhuisen het in sy landboubegrotingstoespraak weer die belangrikheid van die landbousektor genoem en dat dit die ruggraat is van landelike gebiede. Hy het genoem dat hulle op die volgende punte wil fokus:
- Beter regulatoriese omgewing
- Voedselsekuriteit
- Biosekuriteit
- Ondersteuning vir landbouprodusente
- Nuwe markte vir ons uitvoere
(Landbou.com, 2024)
Brandstofpryse is steeds hoog relatief tot voor die Swartsee-konflik begin het. Boere betaal R330/ha meer per hektaar, R16,16 per liter teenoor R20,55 per liter vir besproeiingskoringproduksie se brandstof, en tot R428/ha meer as wat ʼn produsent sou betaal in November 2019 (R14,85 per liter teenoor R20,55 per liter). Grafika 1 toon die historiese pryse van diesel soos verkry vanaf Profarmer:

Grafika 1 (Profarmer)
Soos die grafiek toon, het dieselpryse skielik gestyg met die Swartsee-konflik waar die pryse gestyg het vanaf R16,16 per liter na R19,28 per liter in ʼn maand. Dit was hoofsaaklik as gevolg van kommer oor olieproduksie. Verder het dieselpryse hoog gebly omdat die Amerikaanse dollar sterk gebly het en die rand se waarde verminder het. Die hoop is dat die rand aanhou sal versterk teenoor die dollar wat tot beter brandstofpryse kan lei. Landbouprodusente moet sulke insetveranderinge in ag neem en kan maandeliks op Profarmer die gemiddelde nuwe insetpryse kry.
(cguide.profarmer.co.za, 2024)
(BusinessTech, 2024)
*Bronne:
- BusinessTech
- Profarmer
- CME Group
- Graan
- IMF
- Landbou.com
- John Steenhuisen
- USDA