GWK en De Meul Boerdery stig opvoedkundige sentrum vir plaaskinders
[{“type”:”text”,”content”:”Die plaas Remhoogte is die tuiste vir diu00e9 splinternuwe sentrum, wat pasmaak is vir die klimaat en behoeftes van die area met deeglike voorbereiding en beplanning wat in elke element ingegaan het. Die moderne gebou is omgewingsvriendelik en maak gebruik van groen-tegnologie soos sonkrag en natuurlike lig. Klouter-Bouters gaan aanvanklik elke weekdag 14 kinders tussen die ouderdomme van twee en vyf jaar akkommodeer, waar u2018n opgeleide opvoedkundige en u2018n assistent sal seker maak dat die kinders gestimuleer word om op u2018n holistiese wyse te ontwikkel. Die kinders sal ook elke dag gebalanseerde etes ontvang wat deur u2018n gekwalifiseerde dieetkundige ontwikkel is en ontbyt, teetydverversings en middagete insluit.nnVerder sal daar in die namiddag kinders van die nabygeleu00eb primu00eare skool, Bloukrans, by die sentrum aansluit vir nasorg, waar hulle ondersteuning met hul huiswerk en later aan gespesialiseerde ontwikkelingsprogramme blootstelling sal kry soos die behoefte ontstaan, wat onder meer insluit lees- en wiskunde-vaardighede.nnMarelize de Villiers van De Meul Boerdery, wat namens die De Villiers-familie die projek gelei het, su00ea die opening van hierdie sentrum is u2018n jare lange droom wat bewaarheid word en gedryf is met die ondersteuning van die hele familie en haar passie vir kinders en opvoeding.nnu201cHierdie is meer as u2018n skool, maar eerder u2018n sentrum waar bybelstudie, naaldwerk en kinderkrans aangebied word,u201d su00ea De Villiers. u201cKinders van Remhoogte wat by Bloukrans Laerskool skoolgaan, sal ook in u2018n veilige omgewing kan speel en studiehulp ontvang. Ons visie en droom vir die kinders is om hul vlerke te sprei, om groter te droom en te besef daar is u2018n wu00eareld daar buite.u201d”,”position”:0,”id”:”siDsf50VYBCJ1qad”}]